Chris de Wet en Kate-Lynn Kruger het aan die vyfde A Groep gala van die seisoen te Gqerberha deelgeneem. Dit het baie goed gegaan met die twee swemmers. Chris behaal twee tweede plekke en vier eerste plekke by die gala. Kate-Lynn behaal een derde plek, een tweede plek en drie eerste plekke. Baie geluk!
Lees MeerDie volgende gr. 12-onderwysers van Hoër Volkskool is vir die NSS-nasienproses aangestel:
Lees MeerOns is opgewonde om aan te kondig dat Alicia Louw gekies is vir die Oos-Kaap Hokkiespan wat in 2025 na Duitsland sal toer.Ons wil graag vir Alicia baie geluk se met hierdie wonderlike prestasie en glo sy sal die geleentheid met albei hande aangryp.
Lees MeerDie afgelope twee dae het ‘n groep plaaslike afrigters ‘n NSA Netbal-afrigtingskursus bygewoon. Die kursus is aangebied deur Lana Krige. Lana is tans die hoofafrigter van die NMU Madibaz-span en het al groot hoogtes in Netbal Suid Afrika bereik, as speler en afrigter. Die kursus was baie leersaam en ons sien uit na die nuwe seisoen! Baie…
Lees MeerOp Sondag, 10 November het Hoër Volkskool se hoofleiers die jaarlikse Herinneringsdagdiens bygewoon. Die diens is by die St James the Great-kerk gehou. Jaarliks woon ons hoofleiers hierdie gewyde geleentheid by, om gevalle helde te herdenk. Die geleentheid herdenk die Wapenstilstanddag, wat aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918, plaasgevind het. Foto: Saré…
Lees MeerRikus Kleyn het verlede kwartaal aan Huisgenoot Eisteddfod deelgeneem. Elke deelnemer het toegang gekry tot ’n spesiale, eksklusiewe meesterklas, waarin ’n professionele vermaakkunstenaar praktiese raad deel en jou help om vir jou optrede voor te berei. Beoordeling was deur sterre in die kunste- en vermaakbedryf gedoen. Vir die sang afdeling, waaraan Rikus deelgeneem het, kon…
Lees Meer1 en 2 November het dansers van die Chinelle School of Dance deelgeneem aan ‘n dans-eksamen, gebasseer op die danssillabus wat hul die jaar voltooi het.Die eksaminator Me. René Ferreira, wie ook ‘n dansstudio het en self meer as 30 jaar ondervinding het in dansafrigting in die ‘Modern,Tap & Contemporary’ afdelings Die volgende dansers van…
Lees MeerVyf van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek húl geloofsbelydenis in die pragtige NG Kerk Graaff-Reinet afgelê. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid vir hierdie nuwe lidmate.Baie geluk. FotoVoor: Micayla Williamson, ds. Johan Ekkerd, Casper BekkerAgter: Tiaan Fourie, Malan Meyer, Jean-Pierre Theron en Jayden Odendaal (UHS)
Lees MeerWeppie Preppie bied binnekort ‘n konsert aan. Die voorbereidings het ‘n ekstra hupstoot gekry, danksy ‘n oud-Weppie Preppie-leerder wat help met die konsert.Temzynne Juries se skooldae het jare gelede in Weppie Preppie begin. Sy hou baie van toneelopvoerings en het tydens haar skoolloopbaan aan talle Eisteddfodd kompetisies deelgeneem. Tussen die studies vir haar eindeksamen en…
Lees Meer