Ruiterkuns

Een van Hoër Volkskool se perderuiters, Zanki Botha, het die OP by die Nasionale Proewe verteenwoordig in die driegang en die vyfgang afdelings. Sy word na die proewe gekies om deel te wees van die top 18 waaruit die Senior en Junior Protea spanne gekies moes word. Zanki word gekies as lid van die driegang…

Lees Meer

Gholf

Jean-Louis du Plessis het as lid van die Oostelike Provinsie 0.19 Gholfspan aan ‘n Interprovinsiale Gholftoernooi te Oubaai Gholfklub, deelgeneem tydens die Desember-vakansie. Veertien provinsies het aan die toernooi deelgeneem met agt spelers in elke span. Daar was in twee afdelings meegeding en OP het aan die B-Afdeling deelgeneem. Spanlede het elke dag wedstryde gespeel…

Lees Meer

Hokkie

Tydens die Desember-vakansie het Danè Thiart aan die Nasionale Binnehuise Hokkie toernooi in Kaapstad deelgeneem. Sy het die Oos-Kaap verteenwoordig in die 0.16B span. Hul span het derde in hul afdeling geeïndig en algeheel sewende gekom. Sy het waardevolle ondervinding by hierdie toernooi opgedoen. Baie geluk!

Lees Meer

Boogskiet

17 boogskuts van Hoër Volkskool het aan die Kwagga Interskole skiet by HTS Daniel Pienaar op Uitenhage deelgeneem. Daar was in totaal 74 skuts van Port Elizabeth tot Oos Londen wat deelgeneem het. Die eerste kompetisie was baie straf. Ons het egter in die volgende afdelings presteer Junior seuns 3D Goud – Casper Bekker (LVS)…

Lees Meer

Erekleure

Tydens die toekennings-seremonie is die volgende leerlinge beloon met erekleure vir hul prestasies op verskillende gebiede: Agter: Jeffson Arends (Skaak), Llewellyn Crewe-Brown (Akademie en Swem), Sanmarie de Goede (Akademie), Jean-Louis du Plessis (Akademie en Gholf), Reinier Swanepoel (Motorsport), Stefan Neethling (Akademie) Middel: Mia du Plessis (Akademie), Danè Thiart (Hokkie), Megan Nel (Akademie), Juryna Fourie (Akademie),…

Lees Meer

Akademiese Top 10

Na afloop van die eindeksamen in 2019, is daar by ‘n toekenningsaalbyeenkoms die top 10 akademiese presteerders aangekondig. Hierdie leerlinge werk baie hard en ons beloon graag ons harde werkers. Die volgende leerlinge is aangewys as die nr 1 in elke graad wat hul afgelê het: Vlnr: Zenke Enslin (gr 8), Stefan Neethling (gr 10),…

Lees Meer

SA Skole Swem

Tydens die Desember-vakansie het Llewellyn Crewe-Brown aan die SA Skole swemgala in Johannesburg deelgeneem. Daar het hy die Oos-Kaapspan verteenwoordig as die kaptein van die span, wat opsigself ‘n baie groot prestasie is. Hy het ‘n paar persoonlike beste tye behaal, en in die meeste van sy items in die top 7 geeïndig. Baie geluk!

Lees Meer

SA Junior Skaak Kampioenskappe

Jeffson Arends was tydens die Desember-vakansie in Johannesburg om die Chris Hani skaakspan by die Suid-Afrikaanse Junior Skaak Kampioenskappe te verteenwoordig. Dit het algeheel goed gegaan met die span en Jeffson het waardevolle ondervinding by die toernooi opgedoen. Baie geluk!

Lees Meer

HVS LEERDERS IS TOPPRESTEERDERS

Terwyl klasmaats Woensdag by Volkskool bymekaar gekom het om hul uitslae te kry, het twee van die klasmaats dit misgeloop. Hulle was genooi na ‘n prysuitdeling in Oos Londen. Na afloop van die matriekeksamen is Pierre van der Merwe algeheel eerste en Caitlin du Preez tweede in die Sarah Baartmandistrik. Beide van hulle het beurse…

Lees Meer

100% Slaagsyfer

Boodskap van meneer Theo Dörfling: Baie geluk aan die gr 12 klas van Volkskool met julle 100% slaagsyfer. Ons is trots op julle mooi prestasie en dankbaar vir die talente wat julle ontvang het om dit moontlik te maak. Dit is nie moontlik om so iets te bereik sonder ‘n spanpoging nie. Dankie aan die…

Lees Meer