Oudskoliere proefstudente

Hoër Volkskool is bevoorreg om die derde kwartaal met drie oudskoliere aanboord, af te skop. Al drie is proefstudente, wat as deel van hul graad, proef by hul onderskeie vakke by die skool. Elmene Killian, matrikuleer in 2018 en studeer tans B.Ed (Senior en VOO fase) deur NWU Potchefstroomkampus, as afstandsonderrigstudent. Haar hoofvakke is Engels…

Lees Meer

Volksie rugby sterre

Tydens die Junie-vakansie het Chris van Heerden en Ruben van der Merwe, twee leerlinge aan Hoër Volkskool,  as deel van die 0.19 OP Plattelandspan deelgeneem aan die SA Platteland toernooi in Reitz, Vrystaat. Die spelers het baie waardevolle ondervinding opgedoen saam met hul span. Na afloop van die toernooi is verskillende spelers op verskillende posisies…

Lees Meer

Interprovinsiale Netbaltoernooi

Tydens die Junie-vakansie het Lykita Koeberg, die kaptein van Hoër Volkskool se eerste netbalspan, aan die Interprovinsiale Netbaltoernooi te Boksburg deelgeneem. Sy is gekies vir die Oos-Kaap 0.18A span en was ook onder-kaptein van die span. Tydens hul wedstryd teen Limpopo-provinsie is sy aangewys as die speler van die wedstryd. Na afloop van die toernooi,…

Lees Meer

HVS Gimnaste

Drie gimnaste van Hoër Volkskool het aan die jaarlikse ‘South Zone’ Kompetisie in Uitenhage deelgeneem tydens die Junie-vakansie.  Hierdie graad 8 leerlinge het hul Distrikkleure ontvang, en het die Sarah Baartman (Cacadu-distrik) verteenwoordig. Deelnemers van die Oos-Kaap, Westelike Provinsie, Boland, Noord-Kaap en Suid-Kaap het aan hierdie kompetisie deelgeneem. Jana Neethling,  Sophia Louw en  Zoe Hattingh…

Lees Meer

100 Hokkie

HVS se onderhoofdogter en hokkiekaptein, Inge van Rooyen, het haar honderdste wedstryd vir HVS gespeel. Haar ouers, Dawie en Wilna van Rooyen, beide oudskoliere van HVS was langs die baan om hierdie mylpaal saam met haar te vier. Baie geluk, Inge, met hierdie wonderlike prestasie.   Op die foto is Inge saam met haar ma,…

Lees Meer

Netbal

Zelmiri Louw, ‘n leerder aan Hoër Volkskool, is gekies vir die Sarah Baartman 0.19 Netbalspan. Hul speel tydens die Junie vakansie by ‘n Nasionale Toernooi in Kaapstad. Sy is die sesde lid van Hoër Volkskool se eerste netbalspan wat provinsiale kleure verwerf het.

Lees Meer

Rugby

Vier van Hoër Volkskool se rugbymanne gaan tydens die vakansie op die rugbyveld draf met hul OP Platteland truie aan. Elrico Prins, ‘n gr 8 leerling, is gekies vir die 0.13 OP A-span wat die vakansie aan die Cravenweek gaan deelneem te Wit Rivier in Mpumalanga. Jaydee Jooste is gekies vir die OP Platteland 0.18…

Lees Meer

Muurbal

Boetie en sussie doen dit weer! Llewellyn Crewe-Brown en Marlien Crewe- Brown, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het hulself weer as kranige muurbalspelers bewys. Marlien is gekies vir die OP 0.16A span terwyl Llewellyn as reserwe vir die 0.19A span gekies is. Hierdie is ‘n groot prestasie aangesien Llewellyn eintlik nog 0.17 is. Hul gaan…

Lees Meer

Netbal

Hoër Volkskool se Netbalspeelsters het omtrent stof opgeskop hierdie jaar met 5 van ons speelsters wat gekies is vir die Oos-Kaap 0.18 span. Hierdie speelsters gaan tydens die Junie-vakansie aan die Interprovinsiale toernooi te Boksburg deelneem. Ons wens hul alle sterkte toe!

Lees Meer