Die tennisspelers van Hoër Volkskool het ‘n baie bedrywige week agter die rug. In die Somerliga het die eerste seunspan met Wheatlands kragte gemeet. Wheatlands wen die wedstryd 3 – 1. Die tweede seunspan speel teen Mountain met die besoekers wat 3 – 1 seëvier. Dinsdag het die eerste twee spanne in ‘n weg wedstryd…
Lees MeerAnke en Tarien van der Westhuizen het vanaf 3 tot 8 Februarie deelgeneem aan die SAMSSA Nasionale Proewe te Bloemfontein. Albei het baie goed daar gevaar en is gekies vir die Suid-Afrikaanse Junior Proteaspan wat vanaf 1 tot 12 Julie gaan deelneem aan die Wêreld Kampioenskappe in Gideå, Swede. By die proewe het hulle die…
Lees MeerDie afgelope naweek het ‘n junior en ‘n senior groep netbalspelers van Hoër Volkskool ‘n netbalafrigtingskursus te Port-Elizabeth bygewoon. Die kursus is aangebied deur die Nelson Mandela Universiteit se Netbalklub, die Madibaz, by diè universiteit se binnenshuise sportsentrum, met die hoofafrigter Lana Krige. Die spelers het verskeie afrigtingsessies bygewoon wat gevolg is deur mini toernooie…
Lees MeerAan die begin van 2020 het Hoër Volkskool drie nuwe gesigte verwelkom as personeellede. Me. Karin van Wyk het haar hier kom vestig van Volksrust af. Sy het haar tersiêre opleiding deur Unisa voltooi en gaan Gr 8 – 10 English First Additional Language, asook Lewensoriëntering aanbied. Sy is baie positief oor haar nuwe pos…
Lees MeerSes van Hoër Volkskool se landsdieners het tydens die Desember-vakansie die Nasionale Landsdienskampe bygewoon. Lliam van Heerden en Annelie Viljoen het die junior kamp te Thaba Marula kampterrein bygewoon, terwyl Emile Blignaut, Amorè Cronjè, Steffi Loots en Fransenè Joubert die senior kamp te Joy Unspeakable by Roodeplaatdam bygewoon het. Dit was ‘n baie leersame ondervinding…
Lees MeerTien van Hoër Volkskool se tennisspelers is verkies vir die Oostelike Provinsie Plattelandse tennisspanne. Hul sal later in die jaar aan interprovinsiale toernooie deelneem. Agter: Elize de Jager (0.16), Danè Thiart (0.19), Lliam van Heerden (0.16), Alwyn van der Merwe (0.19 reserwe vir die A-span). Voor: Zanri Groenewald (0.14), Petrie van der Merwe (0.16), Pieter…
Lees MeerTydens die jaarlikse kleureatletiekbyeenkoms van Hoër Volkskool, het die volgende leerlinge baie goed presteer: Agter: Marco Jooste word aangewys as die Senior Victor Ludorum vir 2020. GP Borcherds wen die Volksie-beker vir die seun met die vinnigste tyd in die 1500m. Hy voltooi die wedloop in ‘n tyd van 4:59,43. Jan-Hendrik Gouws wen die Christo…
Lees MeerEen van Hoër Volkskool se perderuiters, Zanki Botha, het die OP by die Nasionale Proewe verteenwoordig in die driegang en die vyfgang afdelings. Sy word na die proewe gekies om deel te wees van die top 18 waaruit die Senior en Junior Protea spanne gekies moes word. Zanki word gekies as lid van die driegang…
Lees MeerJean-Louis du Plessis het as lid van die Oostelike Provinsie 0.19 Gholfspan aan ‘n Interprovinsiale Gholftoernooi te Oubaai Gholfklub, deelgeneem tydens die Desember-vakansie. Veertien provinsies het aan die toernooi deelgeneem met agt spelers in elke span. Daar was in twee afdelings meegeding en OP het aan die B-Afdeling deelgeneem. Spanlede het elke dag wedstryde gespeel…
Lees MeerTydens die Desember-vakansie het Danè Thiart aan die Nasionale Binnehuise Hokkie toernooi in Kaapstad deelgeneem. Sy het die Oos-Kaap verteenwoordig in die 0.16B span. Hul span het derde in hul afdeling geeïndig en algeheel sewende gekom. Sy het waardevolle ondervinding by hierdie toernooi opgedoen. Baie geluk!
Lees Meer