“Bull’s eye” afdeling Die bus met 14 skuts en ons afrigters het Saterdagoggend om 6:00 vertrek om in Jeffreysbaai by GLS (Global Leadership Academy) aan twee kompetisies, Soulpoint Ope en GLA ope deel te neem. In beide kompetisies is daar net in die “Bull’s Eye”-afdeling meegeding. Skuts van Alexandria, Despatch, Uitenhage, Jeffreysbaai en Graaff-Reinet was…
Lees MeerHoër Volkskool se talentvolle o.15 tennisspelers, Alecia Louw en Louwen Wolfaardt, bevind hulle tans in Pretoria waar hulle as lede van die Oos-Kaap 0.15 tennisspan aan die Nasionale Interprovinsiale Toernooi deelneem. Die toernooi het vroeg Sondagoggend 26 Maart 2023, afgeskop met die Oos-Kaap Tennisspan wat sommer met die eerste wedstryd van die toernooi hul stempel…
Lees MeerBaie geluk aan die Top 10-finaliste wat vir Mnr. & Mej. Volkskool 2023 gekies is. Kaartjies vir die spoggeleentheid is by Hoër Volkskool se kantoor te koop. Tema: Informele “Island Style” Datum: 30 Maart 2023 Plek: Hoër Volkskool Tyd: 18:00 vir 18:30
Lees MeerDie baie gewilde Volkskool Graaff-Reinet AANLYN JAGVEILING in samewerking met die Volkskool Oudskoliere en Volkskool se ondersteuningsgroep as gesamentlike fondsinsamelingsprojek vir Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool Graaff-Reinet, skop binne 10 dae af. Registreer by www.insamel.co.za en hou Volkskool Jagveiling 2023 se blad dop vir meer inligting oor die uitsonderlike pakkette wat opgeveil word. Navrae:…
Lees MeerHoër Volkskool wil die fokus skuif van ‘n generasie wat die wêreld wil verander sodat elke individu gelukkiger kan wees, na ‘n generasie wat elke dag daarop ingestel is om geleenthede te soek waar ons ‘n positiewe verskil in die lewe van ons naaste kan maak en so kan een individu op ‘n slag ‘n…
Lees MeerHoër Volkskool se eerste hokkiespan het die afgelope naweek aan die Greg Belling hokkietoernooi te Oos Londen deelgeneem. Hulle eerste wedstryd was teen Queenstown Girls High en HVS het die wedstryd 2 – 1 gewen. Alecia Louw het albei doele aangeteken en sy en Tyneal Botha is as spelers van die wedstryd aangewys. Saterdag het…
Lees MeerHoër Volkskool se eerste netbalspan, tesame met me. Henriette Malan en me. Estene Coetzee, het die voorreg gehad om op Dinsdag 21 Maart, ‘n afrigtingskliniek te Port Elizabeth by te woon. Daar is gefokus op vaardighede op die netbalbaan, verskeie oefeninge asook raad hoe om beserings te voorkom. Ons vertrou dat dit ‘n leersame kursus…
Lees MeerJunielle Goliath het die afgelope naweek aan die Sarah Baartman netbalproewe te Nico Malan in Humansdorp, deelgeneem. Sy is gekies vir die Sarah Baartman netbalspan wat aan die Oos-Kaap proewe te Oos Londen gaan deelneem. Baie geluk met jou insluiting in die span en sterkte met die Oos-Kaap proewe.
Lees MeerMaandag met saalopening het ons met die 2023 dramaprogram afgeskop. ‘n Humoristiese stuk vol grappe, Romeo en Juliet in die hernamaals, is opgevoer. Karakters: Romeo: Darion Jooste Juliet: Temzynne Juries Vanjaar gaan die skool en Graaff-Reinet baie van ons dramagroep hoor en sien. Ons oefen hard aan ‘n groot produksie, SKUILPLAAS, onder leiding van me.…
Lees MeerDaar is niks so lekker om ‘n skooldag bietjie kleur te gee soos sport of kultuur nie. Verlede Vrydag het die Volksmond (ATKV-jeugtak) dit goed gedink om Moedertaaldag met niks anders as ‘n danskompetisie te vier nie. Die Afrikaanse liedjies het beslis elke skolier se litte los gekry en verskeie skoliere het hulle danspassies ten…
Lees Meer