Kom kuier saam met rugbylegendes, Andrew Paterson en De Wet Barry! Op Vrydag, 5 April 2024 bied Volkskool Rugby ‘n MANNE-AAND by Hoër Volkskool aan. ‘n Gesellige kuier rondom die vuur, goeie geselskap en ‘n heerlike ete is by die kaartjie ingesluit. Jy gaan beslis baat vind by Andrew se inspirerende praatjie en De Wet…
Lees MeerErik Swanepoel, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het aan die PEAK 2 PEAK ‘Hard Enduro’, wat die motorfietsryers self op GPS moet navigeer, deelgeneem. Die kompetisie het in Barkley-Oos plaasgevind, reg onder die Drakensberge, wat bekend is vir sy hoë berge en mooi uitsig. Die roetes is verseker uitdagend met baie klippe en rotsbanke…
Lees MeerDie Karoogala het op Woensdag, 21 Februarie by Hoër Volkskool se binneshuise swembad plaasgevind. Die atmosfeer was elektries van opgewondenheid. Volkskool se swemmers het hul talent en vasberadenheid ten toon gestel en merkwaardige prestasies gelewer wat ons almal werklik beïndruk het. Van begin tot einde was die standaard van swem besonder hoog, wat die toewyding…
Lees Meer‘n Opwindende begin vir Lehan de Beer se uithourit-deelname en loopbaan, het in Hofmeyr in die Oos-Kaap begin. Hy was een van 70 ruiters wat aan die Waterlea Perde Uithourit deelgeneem het. Hy het sy eerste 40km beginnersfase in n tyd van 2 ure 40 sekondes voltooi en kwalifiseer om om sy volgende 40 km…
Lees MeerDie eerste seuns en meisies tennisspanne van Hoër Volkskool het Donderdag 15 Februarie, na Bredasdorp vertrek waar hul aan dié Overbergse dorp se jaarlikse skole tennistoernooi deelgeneem het. Hulle is deur afrigter, Tiaan Mostert, vergesel. Die kompetisie beloof elke jaar ‘n uitdagende toernooi te wees wat elke speler se talent en senuwees op die toets…
Lees MeerOp Saterdag 10 Februarie, was Hoër Volkskool die gasheer vir die jaarlikse Collie Koeberg Graaff-Reinet atletiekbyeenkoms. Altesaam 40 van HVS se top atlete het aan die byeenkoms deelgeneem en het HVS altesaam 29 eerste plekke, 17 tweede plekke en 11 derde plekke behaal. Hierdie besonderse prestasies is die vrugte van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë.…
Lees MeerOp 15 Februarie 2024 het die HVS o.15 krieketspan teen UHS op hulle krieketveld gespeel. HVS het die toss verloor en was ingestuur om eerste te kolf. AW Lambrechts en Jano Jevan het blitsig begin kolf en die Union manne moes die bal oral oor die veld rondjaag. Jano het ‘n blitsige 28 lopies met…
Lees MeerVrydag, 23 Februarie 2024, moet jy beslis by Hoër Volkskool ‘n draai maak, want ons het ‘n drieëdrukaand. Daar is wedstryde vir o.14, o.15, o.16 en eerste spanne. Volksie kuieraand na afloop van die wedstryde. Daar is NACHOS op die spyskaart. R250.00 vir 4 persone. Bespreek asseblief teen 20 Februarie by 0662447769. Sien jou daar!
Lees MeerDie ATKV-bestuur, het saam met me. Clarissa Faber en oom André, op 19 Januarie 2024 na Swanepoelskraal, buite Jansenville vertrek. Die naweek was gevul met onvergeetlike avonture soos waterballongevegte, deurnag om ‘n kampvuur, springhase jag en ontbyt in die veld. Die bestuurslede het tussen al die aktiwiteite in die modder, tyd gehad om mekaar beter…
Lees MeerElke einde van die sportseisoen bring ‘n uitdagende tyd vir ons atlete. Met die lang Novembereksamen wat op hande is en die welverdiende Desembervakansie daarna, is dit maklik om in ‘n “rusmodus” te beland. Maar hier by Hoër Volkskool glo ons aan die belangrikheid van volgehoue fiksheid en toewyding. Daarom het ons ‘n spesiale beloning…
Lees Meer