Vroeër in die kwartaal het Hoër Volkskool se eerste hokkiepsan deelgeneem aand die Greg Beling hokkiefees in Oos-Londen. Tydens die toernooi het Tallies Agency, ‘n besigheid wat belowende hokkiespelers identifiseer, drie van HVS se hokkiespelers aangewys as belowende hokkiespelers. Zandri Groenwald (0.18), Lisa Steynberg (0.18) en Alecia Louw (0.16) is gekies as spelers as deel…
Lees MeerHoër Volkskool Graaff-Reinet het 13 April aan die ATKV Karoo Interskole Toneelfees in Victoria-Wes deelgeneem. Die groep is groot lof toegesing deur die uiters bekwame beoordelaars. Verder is ook genoem dat die afronding van die stuk prysenswaardig is. Darion Jooste ontvang die toekenning vir Beste Manlike Akteur. Ons is voorwaar trots op ons skool se…
Lees MeerJohndre Ludick (17), ‘n talentvolle jong gholfspeler van Hoër Volkskool, het onlangs aan twee toernooie deelgeneem. By die 2024 Nomads SA seuns o. 19-slagspel-kampioenskap wat van 25 tot 29 Maart in Benoni gehou is, het hy ‘n vyfde plek behaal. Van 12 – 14 April het hy aan die 2024 First Capital Bank Zimbabwe Junior…
Lees MeerDie afgelope naweek het Hoër Volkskool kragte gemeet teen Hoërskool Despatch. dit was ‘n lekker dag met gemengde uitslae: Die netbal het bietjie swaar gekry maar dit was ‘n goeie leerskool vir die meisies. die spanne het hul harte uitgespeel en nooit gaan lê nie. Die hokkie het ‘n goeie dag beleef, met die volgende…
Lees Meer‘n Wonderlike geleentheid het ons gr 12’s te beurt geval. Die matrieks het Maandag, 22 April, ‘n opvoering in ons eie skoolsaal gekyk wat handel oor een van hul voorgeskrewe boeke vir die matriekeindeksamen. Die verhoog is betree deur bekende persoonlikhede soos Francois Lensley (hy was lank te sien as Marko van 7e laan, meer…
Lees MeerOp Saterdag 13 April, het Hoër Volkskool se skuts aan twee kompetisies deelgeneem. Die Volkskool Ope en die Graaff-Reinet Ope kompetisie was in die saal by die Botaniese sportgronde aangebied en hoërskool-, laerskool- en volwasse skuts het deelgeneem. Uiteraard was die weer nie ‘n faktor nie. In die Volkskool Ope het John Read 50 behaal.…
Lees MeerWoensdag 17 April het die SANBS Hoër Volkskool besoek en leerders het die geleentheid gehad om bloed te skenk. Altesaam 36 eenhede is geskenk by hierdie belangrike geleentheid.
Lees Meer