Debat

Chris de Wet en Ilze Vorster, twee leerders van Hoër Volkskool, het gister na Durbanville vertrek. Hul neem vandag aan die semi-finale rondte van die ATKV Debatkompetisie, teen Hoërskool Outeniqua deel. Baie sterkte!!

Lees Meer

Rugby

Na afgeloop van die naweek se Meyer Sauerman Rugbytoernooi wat in Kariega aangebied is, kondig Hoër Volkskool met trots aan dat Jan-Theo van Tonder, in die Oostelike Provinsie se 0.18 Cravenweekspan ingesluit is. Die span neem by Hoërskool Monument in Krugersdorp, vanaf 24 – 29 Junie 2024 deel. Baie geluk, Jan-Theo!

Lees Meer

Rugby

Curtley Jacobs (o.16), Jan-Theo van Tonder (o.18), Hannes van der Merwe, (o.16), AJ de Jager (o.18) en Pieter van der Merwe (o.18), is gekies om aan die finale rondte OP rugbyproewe deel te neem. Die proewe vind by Daniel Pienaar Tegniese Hoërskool te Kariega, as deel van die Meyer Sauerman Toernooi plaas. Baie geluk met…

Lees Meer

Sportuitslae

Die afgelope naweek het Hoër Volkskool hokkie teen Hoërskool Framesby op ons tuisveld gespeel. Die kompetisie was baie straf en ons hokkiepelers het ‘n baie goeie geveg opgesit. Die tellings is nie ‘n weerspieling van die tipe hokkie wat op die dag gespeel is nie. Die o.16B-span verloor 0 – 2, die o.16A span verloor…

Lees Meer

Bokkieweek

Armand Nell, AW Lamprechts, Arno Slabbert en Cobus Viljoen (foto), is verkies tot die AVS Griekwaspan wat aan die jaarlikse Bokkieweek gaan deelneem. Hierdie kranige 0.14 rugbyspelers van Hoër Volkskool, neem deel aan die dertigste vieringe van hierdie toernooi. Die toernooi skop 24 Junie 2024 af en duur tot en met 28 Junie 2024, in…

Lees Meer

Netbal

Jamie-Lee Gerber het deurgedring tot die laaste rondte netbalproewe. Sy is tans deel van die Sarah Baartman span. Die proewe vind die naweek plaas te Hoërskool Hangklip in Queenstown. Baie sterkte vir die laaste rondte en baie geluk met jou prestasie sover!

Lees Meer

Bloemfontein Skou

Tydens die Suid Afrikaanse Nasionale Saalperd Kampioenskappe by Bloemfontein Skou het 3 van Hoër Volkskool se leerders baie goed presteer. Dit is die grootste Ope Lug skou ter wêreld. Hul uitslae is as volg: Tiaan Fourie eindig 8ste in 3 Gang Natuurlike Maanhare en Stert Ruiters 18 jaar en onder, en 4de in 3 Gang…

Lees Meer

Hokkie uitblinkers

In 2024, soos in die verlede, het die Oostelike Provinsie hokkieproewe reeds in Februarie tydens die openingstoernooi begin en opgevolg met streekproewe vir o.16-spelers. Na afloop van die finale rondte proewe op 28 April is Alecia Louw (o.16A) en Deidre Alberts (o.14A) in die OP spanne ingesluit, vir deelname aan die Interprovinsiale Toernooie wat jaarliks…

Lees Meer

Landsdiensbestuur

Landsdiens is ‘n groot baken op Hoër Volkskool se kultuurlys. Ons leerders doen baie goed in landsdiens en ons het al ‘n paar landsdieners gehad wat gekwalifiseer het vir nasionale kampe. Ons tak is baie gesond en ons nuwe bestuur is aangewys:Vlnr: Anya Cornelius, Darion Jooste, Chante Coetzee (onderwyseres), Jaydene Vaaltyn en Jani van der…

Lees Meer

Opedag 13 Mei 2024

Maandag, 13 Mei 2024 om 10:00 bied Hoër Volkskool hul jaarlikse OPEDAG vir alle belangstellende graad 7-leerders aan.Ons is uniek, ons is trots Afrikaans en ons is in die platteland! Het u al die GOOGLE vorm voltooi? Volg asseblief die skakel en voltooi die vorm om u teenwoordigheid te bevestig. GOOGLE VORM Ons sien daarna…

Lees Meer