Graad 12

Die gr 12-leerders het gister hul jaarlikse boogskietkursus voltooi. Die leerders het dit baie geniet! ‘n Paar van die leerders het besef dat boogskiet glad nie vir hulle is nie, terwyl ander weer verskuilde talente ontdek het. Die laaste rondte was vir elkeen ‘n opsionele rondte en tog het elkeen die geleentheid aangegryp om net…

Lees Meer

ATKV

Marlie Nel is as afgevaardigde aangewys, om die ATKV se Kultuurkuier by te woon. Die kuier vind vanaf 9-11 Julie by die ATKV Buffelspoort, Rustenburg, plaas. Sy sal as takverteenwoordiger die kuier bywoon en daar sal hulle aan verskeie werkswinkels, wegbreekgroepe en gespreksessies deelneem.Die doel van die sessies is om planne te beraam, om transformasie…

Lees Meer

HVS stel nuwe hoof aan

Na ‘n tydperk van baie verwagting en lang afwagting is Hoër Volkskool se nuwe skoolhoof aangestel. Die skool was vir sowat 18 maande sonder ‘n permanente hoof nadat mnr. Theo Dörfling afgetree het.Me. Henriëtte Malan het die afgelope tyd as skoolhoof waargeneem en kan ons vandag met opgewondenheid aangekondig dat sy as HVS se nuwe…

Lees Meer

Uithourit

Lehan de Beer, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het Saterdag 1 Junie aan die Lormar Uithourit, in Middelburgdistrik deelgeneem. Hy het 80 km suksesvol met sy perd, GNU Gabbi, voltooi.Die baan was baie tegnies en het die ruiters en perde se energie en fiksheid getoets. Die uiters koue temperature het ook die voltooiing van…

Lees Meer

Gevegskuns

Sewe van Hoër Volkskool se leerders het die afgelope naweek aan die ISKA NMA OP Kampioenskappe deelgeneem. Hierdie gemengde gevegskunstoernooi het as provinsiale proewe vir die Nasionale toernooi wat later in die jaar plaasvind, gedien. Leerders het die volgende prestasies behaal:Leshandre Roman1 x silwer (MMA Light Fighting)Renaldo van der Westhuizen1 x goud (Points)1 x goud…

Lees Meer

NG Kerk Uitreik

Die graad 12-klas van 2024 het op Dinsdag, 11 Junie hul eerste eksamen vir die jaar afgehandel. Die NG Kerk Graaff-Reinet, het elke graad 12-leerder met ‘n baie oulike kaartjie en ‘n soet dingetjie bederf, om die einde van die akademiese tyd af te sluit.Baie dankie vir hierdie bederf! Die matrieks se oëies het behoorlik…

Lees Meer