Michayle Maarman het die afgelope naweek in Queenstown aan die OP se skaakproewe deelgeneem. Hy het Hoër Volkskool, asook die Sarah Baartman distrik verteenwoordig.Michayle het baie goed gevaar en baie van sy wedstryde gewen, maar het ongelukkig nie die OP-span gehaal nie. Dit is al reeds ‘n baie groot prestasie om tot by hierdie rondte…
Lees MeerMusiek Drie van Hoër Volkskool se musiekante het aan die Camdeboo Eisteddfod deelgeneem. Ons leerder het hul uitstekend van hul taak gekwyt!Uitslae is as volg:Alice du Toit doen twee stukke in die senior klavieruitvoeringafdeling. Vir Moment Musical deur Schubert (romanties), behaal sy ‘n goue toekenning en vir Velocity deur F. Burgmuller (klassiek), behaal sy cum…
Lees MeerJaymee Barnard het tydens die WOW-spelfees se distrikskompetisie ‘n tweede plek in die graad 9-afdeling verower. Baie geluk, Jaymee!Die volgende leerlinge het na die OP-rondte wat op 31 Augustus 2024 te Gerberqha plaasvind, deurgedring. Hulle is:Agter: Jaymee Barnard, Chandre Mali, Merlise Japhta en Veruschka Meshiline.Voor: Vochenique Meyer, Chaendre Damons en Venique Meyer.Baie sterkte aan elkeen…
Lees MeerOp 30 & 31 Augustus bied ons die jaarlikse GRT SUPERBAL aan. Onthou om in te skryf vir die Superbal voor Saterdag 24 Augustus. Boek jou span https://docs.google.com/…/1FAIpQLSeczc0…/viewform Bring die kinders saam vir ‘n lekker fliek-aand Vrydag 30 Augustus. Kontak Hester vir enige navrae: Selnr. 0724659494. Besprekings:: https://forms.gle/P2BgEjpDr3g1sV5b9 Besoek gerus ons amptelike SUPERBAL facebookblad:
Lees MeerDie afgelope vier maande het lesers van die Graaff-Reinet Advertiser die geleentheid gehad om vir die “2024 Best of Graaff-Reinet Readers’ Choice Awards” te stem.Hoër Volkskool is as die wenner van die kategorie beste hoërskool en Laer Volkskool Graaff-Reinet is as die kategoriewenner vir die beste laerskool in Graaff-Reinet aangewys. Weppie Preppie het die toekenning…
Lees MeerOp 15 Augustus het die ATKV-tak Spandaukop ‘n baie suksesvolle beroepsaand by Hoër Volkskool aangebied. Klaskamers is as stalletjies ingerig en dit is waar verskillende beroepsrigtings voorgestel is.Van die uitstallers het van ver af gekom om ons leerders in die Karoo te kom bedien. Hulle het ook baie moeite gedoen met hul stalletjies om die…
Lees MeerHoër Volkskool was vanjaar in die bevoorregte posisie om vier sprekers in die landswye PodiumPret finaal te hê wat op Vrydag, 09 Augustus, by La Rochelle Hoër Meisieskool in die Paarl aangebied is. Dié sprekerskompetisie slyp deurlopend aan die sprekers se vaardighede om krities en kreatief hul opinies in Afrikaans te redeneer, motiveer en oor…
Lees MeerHoër Volkskool se twee toneelproduksies, “En Dan” en “Wag” het op 6 Augustus aan die ATKV tienertoneel in Port Elizabeth deelgeneem. Die Toneelstukke het die volgende uitslae behaal: En dan het ‘n Brons gekry.Die stelontwerp het ‘n Brons gekry.Beligting wat deur Jaydene Vaaltyn gedoen is het ‘n Brons gekry.Klank wat deur Anzel Kleynhans gedoen is…
Lees Meer