Hoër Volkskool se jaarlikse, spoggerige prysuitdeling is onlangs aangebied. Tydens hierdie geleentheid is ons leerlinge wat goeie en top prestasies gedurende die jaar, beloon vir hul opoffering, harde werk en toewyding. Baie geluk aan elkee wat pryse ontvang het, en ook top pryse gewen het. Ons is trots op elkeen se prestasies.
Lees MeerOktober is Kankerbewusmakingsmaand. Hoër Volkskool het hierdie jaar weer baie moeite gedoen om mense in en om ons gemeenskap meer bewus te maak van die siekte. Die leerders kon gedurende die maand pienk linte en haarrekkies by hul skoolklere dra. Die seuns kon hul swart skoeneveters met pienk veters vervang en hul was meer as…
Lees MeerTiaan en Marli Fourie, albei leerlinge van Hoër Volkskool, het aan die Somerset-Oos Landbouskou deelgeneem. Hulle het hulself uitstekend van hul taak gekwyt. Hul behaal die volgende prestasies: Tiaan Fourie 1ste SASH kinder Parkperd Ruiter 18 jaar en onder2de SASH kinder Parkperd Kampioenskap Marli Fourie 1ste in 5 gang Ruiterkuns Ruiters 14 jaar en onder.Baie…
Lees MeerTydens die afgelope prysuitdeling van Hoër Volkskool, is die volgende leerlingraadslede as hoofleiers aangekondig: Saré Viljoen – hoofdogter, Rikus Kleyn – hoofseun, Chris de Wet – onderhoofseun en Anna-May Hayes – onderhoofdogter. Ons is baie trots op hierdie leiers en glo dat hulle ‘n baie suksesvolle termyn sal hê.
Lees MeerKom neem aan ons POTJIEKOS KOMPETISIE deel!! Voorbereiding vir die potjie kan vooraf gedoen word. Daar sal kole vanaf 14:00 by die Volksie wees. Bring jou eie pot as jy het en genoeg in die pot vir so 10 tot 15 mense. Rys en stampmielies sal klaar gaar wees. Etekaartjies vir die potjiekos gaan verkoop…
Lees MeerAJ de Jager is vroeër vanjaar by die Bokkieweek se o.19 rugbyspan ingesluit wat tydens die Septembervakansie na Romenië getoer het. Hy is as die onderkaptein van die span aangewys.In Brasov het die span hulle eerste wedstryd teen Cristain gespeel en die wedstryd oortuigend 101 – 5 gewen. AJ was as die Speler van dié…
Lees MeerJohndré Ludick het die Dimension Data Seuns o.19 Kompetisie deelgeneem. Die kompetisie het te George, in die Wes-Kaap plaasgevind. Hy het tellings van 66 by die George Gholfklub, 74 by Kingswood Gholfklub en weer 70 by George Gholfklub behaal, met ‘n totaal van -6. Dit is ‘n baie goeie telling! Baie geluk, Johndré!
Lees MeerDie o.15 krieketspan Gill College (Somerset-Oos) het op ons tuisveld teen HVS se o.15-span kragte gemeet. Die kaptein van Gill College het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die besoekers kon slegs 68 lopies aanteken.Die kolwers van HVS het goed gevaar en die beste kolwer op die dag was AW Lambrechts wat…
Lees Meer