Op Donderdag, 27 Februarie het die ATKV Volksmond-tak by Hoër Volkskool ons erfenis gevier, deur melktert kolwyntjies ter viering van Melktertdag te verkoop. Almal het heerlik aan hulle soetigheid gesmul en sien alweer uit na die volgende keer. Hier is dit lekker!
Lees MeerVerlede Donderdag se hokkie oefening het vir groot opwinding gesorg, toe die o.16-span teen die eerste span geoefen het. Spelers moes volgens ‘n tema by die astro hokkieveld opdaag. Die opdrag was dat almal met ‘n hoed moes aanmeld, maar die hoed mag nie ‘n hoed wees nie!Heelpartye spelers het met interessante “hoede” opgedaag. HVS…
Lees MeerLehan de Beer oorwin 80km uithourit en voltooi “Novice”-afdeling. Op Saterdag, 22 Februarie, het Hoër Volkskool se graad 11-leerder, Lehan De Beer, weereens sy deursettingsvermoë en vaardigheid ten toon gestel, toe hy aan ‘n veeleisende uithourit deelgeneem het. Lehan het die 80 kilometer roete, wat op die Waterlea-plaas in die Hofmeyr-distrik gehou is, suksesvol voltooi.…
Lees MeerHoër Volkskool se tennisspanne het op 24 Februarie 2025 teen Hoërskool Middelburg op ons bane meegeding. Die seuns het teen tyd gespeel en moes soveel as moontlik punte in die toegelate tyd opstapel. Vier enkelspel en een dubbelspel wedstryd is beslis en HSV wen 3 – 2.Die dogters het daarna in enkelspel wedstryde meegeding en…
Lees MeerDie Landbouwetenskap se graad 10-leerders het die Camdeboo Privaat Natuurreservaat besoek, waar hulle hartlik ontvang is. Baanbreker herlewing- en bewaringspesialis, Johan Bouwer, het die leerders aan sy lippe laat hang, tydens die interaktiewe opleidingsessie in veldrehabilitasie en veldbestuur. Sarah Cromhout, ook ‘n spesialis in veldrehabilitasie, het die leerders in die reservaat uitgeneem en gewys hoe…
Lees MeerHoër Volkskool se jaarlikse drieëdrukdag het op Vrydag, 21 Februarie 2025 plaasgevind en was ‘n reuse sukses. Die skool se rugbyspanne het puik vertonings teen Spandau Secondary School, Asherville Secondary School en Muir College Boys’ High School, Kariega gelewer. Die o.14A- en o.15A-spanne het albei hul twee wedstryde teen Spandau en Asherville gewen. Die o.16-span…
Lees MeerRudolph-Hein van Eeden het op 23 Februarie aan die OP Tweekamp Kampioenskappe deelgeneem. Hy het in beide die swem en hardloop persoonlike beste tye vir die seisoen aangeteken en het algeheel vierde geëindig. Na afloop van die OP Kampioenskappe is die OP-span vir die SA Kampioenskappe aangekondig. Rudolph-Hein is in hierdie span vir seuns o.19…
Lees MeerDie Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms het op 14 Februarie 2025 in Port Elizabeth plaasgevind en Hoër Volkskool se atlete het weereens puik prestasies behaal.Prestasie van die atlete: Gekose atlete vir die OP-Kampioenskappe in Queenstown (13-15 Maart): Baie sterkte aan hierdie atlete met hul deelname aan die OP-Kampioenskappe! Mag hulle voortgaan om hul skool met trots te…
Lees Meer