Karoogala

Die afgelope week het Hoër Volkskool die jaarlikse Karoogala op tuisbodem aangebied. Tydens die byeenkoms in die swembadkompleks, was die gees baie opwindend, met verskillende skole wat in taai stryd gewikkel was! Hoër Volkskool het baie goed in die gala gevaar. Die uitsale is as volg: Dogters:Derde plek: Gill College: 92 punteTweede plek: Union High…

Lees Meer

Volksies vier Valentynsdag

Die graad 11’s het op Donderdagaand, 13 Februarie, die liefdesvlamme by Hoër Volkskool hoog laat brand deur ñ sokkie ter viering van Valentynsdag aan te bied. Dit was ñ graad 11-fondsinsameling vir die matriekafskeid wat later vanjaar deur hulle aangebied word. Dit was ñ heerlike aand en leerders het dit in groot getalle bygewoon. HVS…

Lees Meer

Camdeboo Atletiekbyeenkoms

Die Camdeboo Atletiekbyeenkoms het op 8 Februarie plaasgevind en was ‘n reuse sukses vir Hoër Volkskool. Die atlete het met uitstekende prestasies gespog en ‘n totaal van 25 eerste plekke en 22 tweede plekke behaal.Uitblinker-atlete:

Lees Meer

Interskole Swemgala

Verlede Dinsdagmiddag om 17:00 het Laer- en Hoër Volkskool kragte teen Union High in die swembad gemeet. Dit was ‘n baie lekker middag-aand swemgala en ons swemmers het uitstekend gevaar.In die hoërskool afdeling het Hoër Volkskool ‘n totaal van 395 punte bymekaar gemaak terwyl Union High slegs 318 punte gekry het.Hannes van der Merwe het…

Lees Meer

HVS Rugby – Drieëdrukdag

Op Vrydag 21 Februarie 2025, neem Laer Volkskool Graaff-Reinet en Hoër Volkskool Graaff-Reinet aan ‘n drieëdrukdag teen spanne van ander plaaslike skole deel.Toeskouers kan uitsien na: ★ Rugby★ Snoepie★ Heerlike sosaties, pasteie en slap tjips Plek: Hoër VolkskoolDatum: Vrydag 21 Februarie 2025Tyd: 13:30 Drostdy Toyota-Graaff-Reinet | Boomsticks Graaff Reinet | Supa Quick Graaff-Reinet | ISU…

Lees Meer

Wêreldbeker

Tydens die Desembervakansie het Tiaan Fourie aan die Saddle Seat Ruiterkuns Wêreldbeker te Parys, Suid-Afrika deelgeneem. Die span het teen Kanada en die Verenigde State van Amerika gekompeteer. Suid-Afrika het ‘n algehele eerste plek in die 5-gang en ‘n algehele tweede plek behaal in die 3-gang kompetisies behaal. Tiaan Fourie verower ‘n goue medalje in…

Lees Meer

Landsdiens

Vanaf 7-9 Februarie 2025 het 23 van HVS se landsdienslede vir hulle eerste klubkamp van die jaar, na Hartenbos vertrek. Die verskeie aktiwiteite op die program het ‘n besoek aan die Bartlomias Diaz Museum, bekende posboom en die akwarium ingesluit. By laasgenoemde kon die besoekers die seelewe soos krappe en seesterre vashou. Groot was die…

Lees Meer

Junior Leerlingraad

Na afloop van die oriënteringsweek is die volgende gr 8’s tot die skool se leerlingraad verkies: Pieter Fourie, Angela Vorster, Uné Groenewald en Christo Nel. Baie geluk en baie sterkte vir die taak wat vir julle wag!FOTO: Uné Groenewald, Pieter Fourie, Angela Vorster en Christo Nel.

Lees Meer

Akademiese Toekenning

Na afloop van 2024 se eindeksamen, word leerders vir hul harde werk op akademiese gebied beloon. Die volgende graad 10-leerlinge behaal ‘n krul-toekening: Die volgende leerlinge behaal ‘n krul-toekenning vir hul akademiese prestasie in graad 11: Die volgende graad 10-leerlinge behaal erekleure vir akademie: Graad 11-leerlinge wat vir erekleure kwalifiseer: Baie geluk, ons is baie…

Lees Meer

Synergy Tennistoernooi

Twee van Hoër Volkskool se tennisspelers het aan die Synergy-Toernooi te Grahamstad deelgeneem. Tydens die toernooi neem spelers van verskillende distrikte teen mekaar deel. Chenoa Jeffrey het die Sarah Baartmandistrik verteenwoordig en Hané Olivier was deel van ‘n gemengde span tussen Chris Hani, Nelson Mandela- en Sarah Baartmandistrikte. Albei het in die 0.15 ouderdomsgroep deelgeneem.

Lees Meer