OP Hokkie

Alecia Louw (graad 10) is gekies as lid van die Oostelike Provinsie o.16A hokkiespan. Uné Groenewald is gekies as lid van die Oostelike Provinsie o.14B hokkiespan. Baie geluk Alecia en Uné. Ons is trots op julle!

Lees Meer

Oakdale Rugbytoer

Ons rugbyspan vertrek vandag na Riversdal, om deel te neem aan die Oakdale Rugbyweek. ’n Spesiale dankie aan:NUTRITECH vir julle ruim borgskap!Vleispaleis vir die span se toksakke! Sterkte, manne! Weet dat die hele skool agter julle staan. Gee julle alles op die veld!

Lees Meer

Greg Beling Hockey Festival

Hoër Volkskool se eerste hokkiespan het die naweek deelgeneem aan die Greg Beling Hockey Festival. Ons het die Karoo se hitte en weer saamgeneem, wat die toernooi nóg meer uitdagend gemaak het. Tog het die span elke dag gegroei en ontwikkel, en hul deursettingsvermoë was duidelik sigbaar op die veld. Baie dankie aan ons borge…

Lees Meer

Tweekamp

Rudolph-Hein het die afgelope naweek deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe in Oudtshoorn. Hierdie prestige geleentheid het 910 atlete van 14 provinsies en sub-provinsies byeen gebring. In die seuns o.19-kategorie, waarin 57 deelnemers meegeding het, het Rudolph-Hein sterk vertoon. Alhoewel hy nie sy persoonlike beste tye kon verbeter nie, het hy steeds goed gevaar en…

Lees Meer

Hokkie

Hoër Volkskool teen Duineveld Hoër Volkskool het vandag op tuisveld teen Duineveld gespeel. Na ‘n warm Karoo-dag het die dogters uitstekende hokkie gelewer. Die eindtelling was 4 – 1 in Duineveld se guns, maar beide spanne het waardevolle ervaring opgedoen. Beide hierdie spanne vertrek môre na die Greg Beling Festival te Oos – London. Veilige…

Lees Meer

Hokkie – ‘Open Weekend’ Toernooi

Die eerste hokkiespan het deelgeneem aan die ‘Open Weekend’-toernooi in Gqeberha. Hulle het goed vertoon, veral as mens in ag neem dat dit hul eerste wedstryde van die seisoen was.Met ‘n jong span (insluitend ses o.16-spelers) was die begin van die toernooi uitdagend, maar namate hulle meer wedstryde gespeel het, het hulle pragtige hokkie begin…

Lees Meer

Atletiek

Oos-Kaap Atletiek:Vier van Hoër Volkskool se atlete het die afgelope naweek deelgeneem aan die Oos-Kaap Provinsiale Atletiekbyeenkoms in Komani. AW Lambrecht o.15 behaal ‘n uitmuntende eerste plek in spiesgooi met ‘n indrukwekkende 49,3m. Hy is opgeneem in die Oos-Kaapspan wat aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe gaan deelneem. Die span neem van 2 – 6 April deel…

Lees Meer

Personeel

Hoër Volkskool Onderwysers woon STEM-kursus by. Op 7 Maart 2025 het twee van Hoër Volkskool se onderwysers ‘n kursus bygewoon. Die “STEM in Action Natural Science Course” is by die NMU Missionvale Kampus aangebied en het hoofsaaklik gefokus op Graad 8 Natuurwetenskap, met spesifieke klem op Chemie en die praktiese aanbieding daarvan. Dit was ‘n…

Lees Meer

Hokkieproewe

o.14 Hokkieproewe Uné Groenewald het deelgeneem aan die proewe wat by Union High School se Astro aangebied is. Sy is opgeneem in die Karoospan en sal aan die volgende rondte proewe deelneem. Baie geluk! o.16 Hokkieproewe Die o.16’s het ook aan die hokkieproewe by Union High School deelgeneem. Deirdré Alberts en Alécia Louw is opgeneem…

Lees Meer

Sportuitslae

Rugby teen Muir Hoër Volkskool se rugbyspanne het na Muir College gereis vir ‘n reeks uitdagende wedstryde. Dit was harde kompetisie, maar ons sien uit na die seisoen wat voorlê! Uitslae: Hokkie teen Framesby Hoër Volkskool het die naweek na Framesby gereis vir hokkie. Baie dankie aan Framesby vir julle gasvryheid! Uitslae: Sterkte aan al…

Lees Meer