Hoër Volkskool het Maandagaand weer ons jaarlikse prysuitdeling gehad. Hier is baie van ons leerlinge beloon vir hul harde werk op akademiese, sport en kultuurgebiede. Dit was weereens ‘n spoggeleentheid wat seepglad verloop het. Ons wil ook aan al ons pryswenners weer geluk wens met hul uitstaande prestasies.
Engeri ontvang EREKLEURE: Akademie gr 11+12 Lewenswetenskap Goud Afrikaans Huistaal: Goud (Beste) • DAWID V ROOYEN BEKER: Afrikaans • RAPPORTRYERS PRYS: vir Afrikaans * die Saricke Dercksen Gedenkprys vir die beste leerling in gr 12 vir Afrikaans in GR 12 English 1st Additional Language: Goud (Beste) • MC CRONJE BEKER vir Engels • EDWARDS BEKER Tweetaligheid Wiskunde: Goud (Beste) • PSG PRYS: Wiskunde Fisiese Wetenskap: Goud (Beste) • RAPPORTRYERSPRYS: Fisiese Wetenskap Rekeningkunde • GERBER, BOTHA & GOWAR PRYS: Rekeningkunde • PIETERSEN WISSELTROFEE: Rekeningkunde Sy ontvang ook die • THERON FAMILIE TROFEE PSG KORTTERMYNVERSEKERING PRYS: Eerste klasposisie met ‘n gemiddeld van 85%
Pierre ontvang Erekleure vir Akademie in gr 10. Hy ontvang akademiese toekkenings vir Afrikaans Huistaal: Goud English 1st Addtional Language: Goud (Beste) Wiskunde: Goud Fisiese Wetenskap: Goud (Beste) asook die HVS Trofee vir Fisiese Wetenskap Rekeningkunde: Goud (Beste), asook die PIETERSEN WISSELTROFEE vir Rekeningkunde Rekenaartoepassingstegnologie: Goud (Beste), asook die FNB TROFEE vir RTT, die COMPU-SERVE TROFEE vir RTT Hy ontvang ook die ST 10 KLAS VAN 1950 BEKER en die PSG KORTTERMYNVERSEKERING PRYS vir die Eerste klasposisie in GR 11 met ‘n gemiddeld van 91%
Juryna ontvang: Afrikaans Huistaal Silwer Wiskunde: Goud (Beste) Rekeningkunde: Goud (Beste) • PIETERSEN WISSELTROFEE: Rekeningkunde Ingenieursgrafika en –Ontwerp: Goud (Beste) Fisiese Wetenskap: Goud (Beste) • ST 10 KLAS VAN 1999 BEKER PSG PRYS: Eerste klasposisie met ‘n gemiddeld van 86,6% in gr 10.
Stefan Neethling ontvang die volgende toekennings vir Akademie: English 1st Additional Language Goud Wiskunde Goud Ekonomiese- en Bestuurswetenskap Goud Natuurwetenskap Goud (Beste) Sosiale Wetenskap Goud Tegnologie Goud Hy kry ook die ST 10 KLAS VAN 1950 BEKER asook die PSG KORTTERMYNVERSEKERING PRYS: Eerste klasposisie met ‘n gemiddeld van 86,2% in Gr 9.
Cloe Stannard ontvang toekennings vir die volgende vakke: Afrikaans Huistaal Goud (Beste) asook die DOROTHEA VAN ZYL PRYS vir Afrikaans, English 1st Add Language Goud (Beste) asook die MYNHARDT/STEYN KONSTRUKSIE BEKER vir Engels Wiskunde Goud (Beste) Ekonomiese- en Bestuurwetenskappe Goud (Beste) Natuurwetenskap Goud (Beste) Sosiale Wetenskap Goud (Beste) Tegnologie Goud Sy kry ook die ST 10-KLAS VAN 1988 BEKER PSG KORTTERMYNVERSEKERING PRYS: Eerste klasposisie met ‘n gemiddeld van 88,1% in Graad 8.
Hierdie is die top toekenning van die aand. Lara du Plessis ontvang die WILLIE ODENDAAL WISSELTROFEE: Vir die veelsydigste leerling in graad 12 wat tydens sy/haar graad 11 en/of graad 12 jare bo-gemiddeld op die terrein van KULTUUR, SPORT en AKADEMIE presteer het.
Zileke de Jager ontvang die SKOOLHOOF PRESTIGE TOEKENNING: Vir ‘n uitsonderlike prestasie: Sy Verteenwoordig die Junior en Senior Protea Ruiterkuns span tydens internasionale toetse. Sy wen ook die DAWID BOTHA WISSELTROFEE: Vir die beste prestasie deur ‘n dogter in ‘n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie.
Anke wen die SKOOLHOOF PRESTIGE TOEKENNING: Vir ‘n uitsonderlike prestasie: Sy verteenwoordig die Protea Silhoette Skietspan Sy wen ook die JO-ANE NELL BEKER: Vir die dogter wat die beste in ‘n skoolsport presteer het. SY is ‘n Suid-Afrikaanse rekordhouer in Kleinkaliber geweer oopvisier en sy verteenwoordig die Protea span by ‘n wêreldbyeenkoms in Finland.
Liezel Nel wen ook ‘n SKOOLHOOF PRESTIGE TOEKENNING: Vir ‘n uitsonderlike prestasie: Verwerf ‘n Junior Springbok Landsdienstoekenning.
Zanki wen ook die SKOOLHOOF PRESTIGE TOEKENNING: Vir ‘n uitsonderlike prestasie Verteenwoordig die Junior Protea Ruiterkuns span en verwerf ‘n goue medalje tydens ‘n internasionale toets.
Llewellyn Crewe-Brown wen die VAN SCHALKWYK FAMILIE WISSELTROFEE: Vir die veelsydigste sportman wat in ‘n verskeidenheid sportsoorte bo-gemiddeld presteer het.
Danè Thiart wen die NAUDE WISSELTROFEE: Vir die veelsydigste sportvrou wat in ‘n verskeidenheid sportsoorte bo-gemiddeld presteer het.
Marco van Eck wen die DERICK VAN ZYL TROFEE: Vir die seun wat die beste in ‘n skoolsport presteer het.