Hoër Volkskool het baie goeie nuus ontvang 4 Januarie 2019, toe die klas van 2018 se uitslae bekend gemaak is.
Ons het ‘n slaagsyfer van 94,2% behaal waarvan 69% van ons leerlinge kwalifiseer vir toelating tot Baccalaureusgraad-kursusse
Ons spog met 50 vak A-gemiddeldes.
Ons top 5 kandidate is
1: Engeri Fourie met 6 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 85,9%. Haar beste vak was English First Additional Language met 92%.
2: Stephan Lategan met 5 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 81,7%. Sy beste vak was Rekeningkunde met ‘n gemiddeld van 90%.
3: Lara du PLessis met 6 onderskeidings en ‘n gemiddeld van 81,4%. Haar beste vak was Lewenswetenskap met 86%.
4: Justin Gafoor met 5 onderskeidings. Sy beste vak was Rekeningkunde met 88%.
5: Annelou van der Mescht met 5 onderskeidings. Haar beste vak was Verbruikerstudie met 82%.
Baie geluk aan elke leerling wat die laaste eksamen in 2018 suksesvol voltooi het. Mag jul toekoms blink wees!