Twee-en-twintig atlete van Hoër Volkskool het aan die Sarah Baartman Hoërskole Atletiek byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem. ‘n Sterk wind het die prestasies beïnvloed. Die volgende atlete het medaljes gewen:
Shirwan van Staden : 1ste in 100m, S o/19 (11,50 sek), 2de in 200m S o/19 (22,69 sek)
Jay-Dee Jooste : 1ste in hoogspring, S o/19 (1,88 m), 1ste in driesprong, S o/19 (13,53 m) en 3de in verspring, S o/19 (5,86 m)
Caryn Swartz : 1ste in verspring, D o/19 (4,75 m), 2de in 100m D o/19 (13,59 sek) en 1ste in 200m, D o/19 (27,12 sek)
Lykita Koeberg : 3de in spiesgooi, D o/19 (23,85 m)
Francois van Heerden : 2de in spiesgooi, S o/17 (46,58 m)
Tiaan Erasmus : 3de in gewigstoot, S o/17 (11,22 m), 3de in diskus, S o/17 (29,60 m)
Marni van der Merwe : 1ste in 100m, D o/17 (13,09 sek), 1ste in 200m, D o/17 (27,60 sek)
Marion de Boer : 3de in 800m, D o/17 (2:47,12 sek)
Tiané Lombard : 2de in gewigstoot, D o/17 (12,43 m), 2de in diskus, D o/17 (31,05 m)
Dané Thiart : 3de in gewigstoot, D o/17 (11,19 m)
Lliam van Heerden : 1ste in 100m Hekkies, S o/15 (17,34 sek), 2de in driesprong, S o/15 (10,99 m)
P J de Goede : 3de in diskus, S o/15 (32,05 m)
Annelie Viljoen : 3de in gewigstoot, D o/15 (9,24 m), 1ste in diskus, D o/15 (20,47 m)
Malandri Lombard : 2de in 200m, D o/14 (30,06 sek)
‘n Totaal van nege goue medaljes, sewe silwer medaljes en agt brons medaljes is verower.