Hoër Volkskool is bevoorreg om die derde kwartaal met drie oudskoliere aanboord, af te skop. Al drie is proefstudente, wat as deel van hul graad, proef by hul onderskeie vakke by die skool.
Elmene Killian, matrikuleer in 2018 en studeer tans B.Ed (Senior en VOO fase) deur NWU Potchefstroomkampus, as afstandsonderrigstudent. Haar hoofvakke is Engels Eerste Addisionele Taal en Geskiedenis.
Karien Els het in 2016 gematrikuleer en is verbonde aan die NWU te Potchefstroom. Sy is derde jaar, besig met haar B.Ed (Senior en VOO fase) met hoofvakke Lewensoriëntering en Besigheidstudies.
Nadene Kuhn, ook ‘n matrikulant in 2018, studeer aan die NWU te Potchefstroom B.Ed (Senior en VOO fase) en haar hoofvakke is Rekeningkunde en Ekonomie.