25 Okt 2019 Die jaarlikse prysuitdeling van Hoër Volkskool was weereens ‘n spoggeleentheid. Baie geluk aan al ons pryswenners met hul uitstaande prestasies. Linda Lötter wen die top prys, nl. die Willie Odendaal Wisseltrofee vir die Veelsydigste leerling in gr 12 wat tydens haar gr 11 en gr 12 jare bo-gemiddeld op die terrein van Kultuur, Sport en Akademie presteer het. Pierre van der Merwe ontvang goue toekennings en eerste klasposisie in die volgende vakke: English FAL, Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskap, Rekenaarstoepassingstegnologie, en Lewensoriëntering. Hy ontvang die volgende pryse: MC Cronje Beker vir English FAL, Die PSG prys vir Wiskunde, die Gerber, Botha en Gowar prys, die Pietersen Wisseltrofee vir Rekeningkunde asook ‘n SAIPA sertifikaat vir goeie prestasie in ‘n Rekeningkunde Olimpiade. Die Rapportryersprys vir Fisiese Wetenskap, die ABSA-prys, die Compu-Serve trofee en die Heinrich Hancke trofee vir RTT, die Theron-familie Trofee en die PSG Alet Slabbert Korttermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in Gr 12. Juryna Fourie behaal goue toekennings in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language en Ingenieursgrafika en -Ontwerp. Sy behaal goue toekennings, asook eerste klasposisies in die volgende vakke: Wiskunde, Rekeningkunde en Fisiese Wetenskap. Sy wen die Schoeman-familie beker en die ABSA-prys vir Wiskunde, die Pietersen Wisseltrofee vir Rekeningkunde, die Hoër Volkskool Wisseltrofee vir Fisiese Wetenskap, die St 10 klas van 1950beker en die PSG Kortermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in Gr 11. Sy word aangewys as die top Kultuurleerling in die skool met die volgende prestasies: Erekleure vir Kultuur, die Kultuur beker vir die gr 11 leerder wat die meeste bygedra het tot die kultuurlewe van die skool, die ATKV-wisseltrofee vir die veelsydigste leerling in die skool op kultuurgebied en die Stephanus Muller beker vir ‘n musiekprestasie in die eksamen waar sy haar gr 7 Unisa Eksamen slaag. Astrid Langeveldt behaal goue toekennings vir English First Additional Language, Rekeningkunde en Fisiese Wetenskap. Sy behaal goue toekennings en ‘n eerste klasposisie in die volgende vakke: Afrikaans Huistaal en Lewenswetenskap. Sy wen ook die Dorothea van Zyl prys vir Afrikaans, die Troskie-familie prys vir tweetaligheid, die St 10 klas van 1999 beker, die PSG Alet Slabbert Korttermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in gr 10. Chloe Stannard behaal ‘n eerste klasposisie in gr 9. Sy kry goue toekennings vir Afrikaans Huistaal, Ekonomiese- en Bestuurswetenskap en Tegnologie. Sy kry ook goue toekennings en ‘n eerste klasposisie in English First Additional Language, Wiskunde en Natuurwetenskap. Sy wen die Mynhardt/Steyn Konstruksie beker vir die beste gr9 leerling in English First Additional Language asook die St 10 klas van 1950 beker, die PSG Korttermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in gr 9. Zenke Enslin het goue toekennings vir Ekonomiese- en Bestuurswetenskap en Tegnologie. Sy ontvang goue toekennings en behaal die eerste klasposisie in die volgende vakke: Afrikaans Huistaal, English FAL, Wiskunde en Natuurwetenskap. Sy wen die Dorothea van Zyl Prys vir Afrikaans, die Mynhardt/Steyn Konstruksie beker vir English FAL, die St 10 klas van 1988 beker en die PSG Alet Slabbert Korttermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in gr 8. Caitlin du Preez wen die Saricke Dercksen Gedenkprys vir die Beste gr 12 Leerder in Afrikaans. Marichen Piek wen die Skoolhoof Prestige Toekenning vir ‘n uitsonderlike prestasie. Sy was lid van die Junior Protea ruiterkunsspan wat internasionaal deelgeneem het en ‘n silwer medalje verower het. Zanki Botha wen die Skoolhoof Prestige toekenning vir ‘n uitsonderlike prestasie dat sy opgeneem is in die Senior Protea Ruiterkunsspan wat aan ‘n internasionale toets deelgeneem het en ‘n silwer medalje gewen het, Sy wen ook die Dawid Botha Wisseltrofee vir die beste prestasie deur ‘n dogter in ‘n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie (Ruiterkuns) Lykita Koeberg wen die Jo-Ane Nell Beker vir die sportvrou van die jaar. Sy presteer die beste in ‘n sportsoort wat deur die skool aangebied word. Lykita verteenwoordig die Oos-Kaap 0.18 netbalspan en word ingesluit in die 0.18 Nasionale oefengroep. Chris van Heerden wen die Derick van Zyl trofee vir die Sportman van die jaar. Hy verteenwoordig die OP Platteland 0.19 rugbyspan by ‘n nasionale toernooi en word by die toernooi aangewys as die beste voorspeler van die toernooi. Daarna verteenwoordig hy die Suid-Afrikaanse 0.19 Platteland rugbyspan by ‘n internasionale toernooi in Italië. Danè Thiart wen die Naude Wisseltrofee vir die veelsydigste sportvrou wat in ‘n verskeidenhied sportsoorte bo-gemiddeld presteer het. Reinier Swanepoel wen die Petrus Theron Gedenktrofee vir die beste prestasie deur ‘n seun in ‘n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie. Hy neem deel aan veldmotorfietswedrenne en het reeds gekwalifiseer vir die Roof of Africa Internasionale Uithouwedren wat in Desember plaasvind. Llewellyn Crewe-Brown wen die Van Schalkwyk Familie Wisseltrofee vir die veelsydigste sportman wat in ‘n verskeidenheid sportsoorte bo-gemiddeld presteer het. Die seunsdubbelskampioene vir 2019 is twee boeties Petri en Alwyn van der Merwe, en die dogtersdubbelskampioene vir 2019 is Inke en Dehana van der Merwe.
22 Nov NSS-Nasieners Die volgende gr. 12-onderwysers van Hoër Volkskool is vir die NSS-nasienproses aangestel: Lees Meer
22 Nov Alicia Louw presteer in hokkie Ons is opgewonde om aan te kondig dat Alicia Louw gekies is... Lees Meer