Hoër Volkskool het verlede Donderdag, 21 Oktober, ons jaarlikse prysuitdeling aangebied. Dit was die eerste keer in twee jaar wat ons ‘n relatiewe normale prysuitdeling kon hou. Leerders het gedurende die jaar baie hard gewerk om hierdie top toekennings te behaal. Die hoofleiers van die skool is aangewys en die leerlingraad en Huiskomitee van die koshuis is ingehuldig.
Top toekennings van die aand
Akademie Nr 1 Gr 12
Petronè Fourie kry erekleure vir Akademie in Gr 11 en 12
Sy wen die Dawid van Rooyen Beker en die Rapportryers Prys vir Afrikaans, die MC Cronje beker vir Engels, die Edwards beker vir Tweetaligheid, die Gerber, Botha en Gowar prys, asook die Pietersen Wissel Trofee vir Rekeningkunde, die Hennie en Amanda van Rooyen trofee vir Toerisme, die Theron familie trofee, asook die PSG Korttermyn Versekering Prys vir die eerste klasposisie in Gr 12.
Akademie nr 1 in Gr 11
Sy kry erekleure vir Akademie in Gr 10
Annelie Pieterse wen die Francois Retief Beker en die Dorothea van Zyl Prys vir Afrikaans, die Schoeman Familie beker en die ABSA prys vir Wiskunde, die Septima Peyper trofee vir Lewenswetenskap, die HVS trofee vir Fisiese Wetenskap die st 10-klas van 1950-beker, asook die PSG Korttermyn Versekering Prys vir die eerste klasposisie in Gr 11.
Akademie Nr 1 Gr 10
Zenke Enslin wen die Dorothea van Zyl Prys vir Afrikaans, die Troskie Familie prys vir Tweetaligheid, Die Pietersen Wisseltrofee vir Rekeningkunde, die st 10-klas van 1999-beker, asook die PSG Korttermyn Versekering Prys vir die eerste klasposisie in Gr 10.
Akademie nr 1 gr 9
Xander Keyser wen die Dorothea van Zyl Prys vir Afrikaans, Mynhardt-Steyn Konstruksie beker vir Engels FAL in Gr 9, die st 10-klas van 1950-beker, asook die PSG Korttermyn Versekering Prys vir die eerste klasposisie in Gr 9.
Akademie nr 1 Gr 8
Sarè Viljoen wen die Mynhardt-Steyn Konstruksie beker vir Engels FAL in Gr 8, die st 10-klas van 1988-beker, asook die PSG Korttermyn Versekering Prys vir die eerste klasposisie in Gr 8.
Petronè Fourie wen die Saricke Dercksen gedenkprys vir die beste skolier in Afrikaans in Gr 12.
Sy wen ook die prestige toekenning van die jaar, die Willie Odendaal Wisseltrofee aan die veelsydigste leerling in gr 12 wat in gr 11 en/of 12 bo-gemiddeld presteer het in kultuur, sport en akademie.
Athena Finck wen die Skoolhoof Prestige toekenning. Sy is tans ‘n semi-finalis in die Tiener Mej Heelal kompetisie.
Jan-Hendrik Gouws wen die Skoolhoof Prestige Toekenning omdat hy opgeneem is as lid van die Suid-Afrikaanse 0.18 rugbyspan. Hy wen ook die Derick van Zyl trofee vir die seun wat die beste in ‘n skoolsport presteer het.
Zanki Botha wen ook die Dawid Botha Wisseltrofee vir die beste prestasie deur ‘n dogter in ‘n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie.
Sy is die Suid-Afrikaanse Reserwe Kampioen vir die volgende: Suid-Afrikaanse Reserwe Kampioen 5-gang plesierperd ruiter 0.18 Suid-Afrikaanse Reserwe Kampioen siertuig kinderruiter 0.18, Suid-Afrikaanse Reserwe Kampioen Ryperd, Suid-Afrikaanse Kampioen 5 – gang Ruiter 0.18 en sy is ook lid van die Suid- Afrikaanse 3gang en 5gang Senior Protea Span.
Marlien Crewe-Brown wen die Naude Wisseltrofee vir die veelsydigste sportvrou wat in verskeie sportsoort\e bo-gemiddeld presteer het. Sy wen ook die Jo-Ane Nell Beker vir die dogter wat die beste in ‘n skoolsport presteer het. Sy het aan die Vlak 3 Nasionale Gala deelgeneem.
Lliam van Heerden wen die Van Schalkwyk Familie Wisseltrofee vir die veelsydigste sportman wat in verskeie sportsoorte bo-gemiddeld presteer het.
Jean Louis du Plessis wen die Petrus Theron Gedenktrofee vir die seun wat die beste presteer het in ‘n sport wat nie deur die skool aangebied word nie. Hy is die Graaff Reinet Gholfklub kampioen en is lid van die Oos-Kaap senior Gholfspan