Die eerste tennisspan het aan die “Tennis4Jesus” Dubbelspeltoernooi in Bredasdorp deelgeneem. Petrie van der Merwe en sy dubbelspelmaat, Marco Jooste, het puik oorwinnings in al hul wedstryde behaal en so ook die gemengde dubbelspel paar Petrie van der Merwe en Inké van der Merwe. Voorwaar ‘n goeie prestasie teen strawwe opposisie.
Oos-Kaap tennisstrukture is vernuwe en die OP Plattelandspan is met ‘n Sarah Baartmanspan, wat uit drie sones bestaan, vervang. Die volgende deelnemers het suksesvol deurgedring na die finale rondte Sarah Baartman proewe wat op 6 April 2022 in Graaff-Reinet plaasvind:
o.14 – Rudolph-Hein van Eeden (1), Louwen Wolfaardt (2), Kian Keyser (5).
o.16 – Zanri Groenewald (2), Anya Cornelius (3), Lisa Steynberg (4), Jan-Theo van Tonder (1), Pieter van der Merwe (2), Zak Wolfaardt (3), AJ de Jager (4), Xander Keyser (5), Joshua du Toit (6);
o.19 – Inké van der Merwe (1), Elize de Jager (3), Petrie van der Merwe (1), Lliam van Heerden (2), Marco Jooste (3), Hansie Becker (5), Nico Coetzee (6).
Petrie van der Merwe en Louwen Wolfaardt het aan verskeie SA Tennistoernooie deelgeneem. Petrie was by meer as een geleentheid die toernooi kampioen en die twee het in die proses waardevolle ranglys punte opgestapel. Albei hierdie spelers is beloon met insluiting in die Oos-Kaap Tennisspan wat van 18 – 22 Maart 2022 in Pretoria aan ‘n SA Interprovinsiale Toernooi deelgeneem het. Petrie het homself bewys as staatmaker in die o.19A-span deur al sy enkelspel, gemengde dubbelspel en met die uitsondering van een wedstryd, al sy dubbelspel wedstryde gewen het. Die span eindig 5de uit 16 deelnemers terwyl Louwen ‘n goeie vertoning gelewer het in sy o.15B-span se uitslag van 7de uit 16 deelnemende spanne.