Op Woensdag, 1 Februarie, het Hoër Volkskool die jaarlikse kleuregala aangebied. Ten spyte van ‘n baie warm dag, het die dag se program goed verloop.
Baie geluk aan Kate-Lynne Kruger wat 3 rekords tydens die gala verbeter het:
100 m rugslag,
50 m borsslag
4 x 25 m individuele wisselslag.
Die oudste rekord wat sy verbeter het, is die 100 m rugslag wat Marichen Piek in 2014 opgestel het.
Werda het behoorlik water in Handhaaf se oë gespat en die beker met 446 teenoor 326 punte gewen.
Kate-Lynn Kruger is as die Victrix Ludorum en Chris de Wet as die Victor Ludorum aangewys.
Baie dankie aan almal wat as beamptes op die dag gewerk het, asook al die swemmers wat deelgeneem het.

Meer Nuusberigte