“Bull’s eye” afdeling

Die bus met 14 skuts en ons afrigters het Saterdagoggend om 6:00 vertrek om in Jeffreysbaai by GLS (Global Leadership Academy) aan twee kompetisies, Soulpoint Ope en GLA ope deel te neem. In beide kompetisies is daar net in die “Bull’s Eye”-afdeling meegeding.

Skuts van Alexandria, Despatch, Uitenhage, Jeffreysbaai en Graaff-Reinet was daar om die dag teen mekaar mee te ding.

Volkskool se skuts het ons weer op en langs baan so trots gemaak met hulle gedrag, dissipline en prestasies.

Die volgende medaljes is verower:

Soulpoint Ope:

Mikha Enslin (3e plek)

Freddie van der Mescht (3e plek)

GLA Ope:

Freddie van der Mescht (3e plek)

Spesiale melding moet ook gemaak word van een van ons afrigters, Carol Cronje, wat self drie medaljes vir die dag verower het.

Laer Volkskool se skuts, Helen Grobbelaar en Eben Lötter het ook medaljes verower.

Baie geluk aan die deelnemers.

Ons volgende kompetisie is op 15 April en word by Hoër Volkskool Graaff-Reinet aangebied.

Fotograaf: Riaan Enslin

volg die skakel vir meer foto’s:

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=pfbid0dYZfXBbb32KqdAuDUtPmZuWhdjZr9CF454JB2s9gWCDqFJj9LV5HwcKxppbCXX4pl&id=100090263312681&mibextid=Nif5oz

Meer Nuusberigte