Johndré Ludick, ‘n graad 11-leerder aan Hoër Volkskool, is gekies vir die Nasionale span wat aan die Reply Italian Golf Championship in Italië gaan deelneem. Die span bestaan uit 4 lede wat Suid-Afrika in die kompetisie wat al vir 16 jaar aangebied word, gaan verdedig.

Daar is altesaam 20 lande wat aan hierdie kompeitisie van 29 – 31 Augustus deelneem. Hier sal Johndré en sy spanmaats die geleentheid kry om hulself teen top internasionale spelers te meet en ondervinding van onskatbare waarde op te doen.

Ons wens hierdie span en veral vir Johndré, baie sterkte toe en glo hul sal, soos die span van 2022 waarvan Johndré ook reeds deel was, die beker huis toe bring!

Meer Nuusberigte