By HVS het die graad 8’s en 9’s vanoggend vir groot opgewondenheid gesorg. Hulle het vir Skeppende Kuns ‘n modeparade gehou.
Elke groep moes ‘n onderneming uitbeeld deur herwinbare of afbreekbare materiale te gebruik. Aan talent en oorspronklikheid was daar geen gebrek nie.