‘n Opwindende begin vir Lehan de Beer se uithourit-deelname en loopbaan, het in Hofmeyr in die Oos-Kaap begin. Hy was een van 70 ruiters wat aan die Waterlea Perde Uithourit deelgeneem het.
Hy het sy eerste 40km beginnersfase in n tyd van 2 ure 40 sekondes voltooi en kwalifiseer om om sy volgende 40 km aan te pak. Hy moet wel nog een 40 km en twee 80 km uithouritte voltooi, voordat hy in die ‘Young rider’-afdeling kan deelneem.
Ons wens hom sterkte toe vir sy volgende 40 km, wat op 9 Maart 2024 te Colesberg plaasvind.
Foto: Lehan de Beer saam met die perd, Gnu Gabbi,
van die Gnu Arabier Stoet