Marlie Nel is as afgevaardigde aangewys, om die ATKV se Kultuurkuier by te woon. Die kuier vind vanaf 9-11 Julie by die ATKV Buffelspoort, Rustenburg, plaas. Sy sal as takverteenwoordiger die kuier bywoon en daar sal hulle aan verskeie werkswinkels, wegbreekgroepe en gespreksessies deelneem.
Die doel van die sessies is om planne te beraam, om transformasie binne gemeenskappe ‘n realiteit te maak.
Baie sterkte Marlie! Ons kan nie wag om te hoor hoe dit gegaan het nie!

Meer Nuusberigte