Die gr 12-leerders het gister hul jaarlikse boogskietkursus voltooi. Die leerders het dit baie geniet! ‘n Paar van die leerders het besef dat boogskiet glad nie vir hulle is nie, terwyl ander weer verskuilde talente ontdek het. Die laaste rondte was vir elkeen ‘n opsionele rondte en tog het elkeen die geleentheid aangegryp om net nog een keer te skiet. “Ons kan nog skiet!” was een van die leerders se reaksie toe hul een rondte klaar geskiet het.
Baie dankie aan HVS se boogskietafrigter, mnr. Beyers Cronjé, dat hy sy tyd en kennis met ons klas van 2024 kom deel het. Ons waardeer dit!

Meer Nuusberigte