Lehan de Beer, ‘n graad 10-leerder aan Hoër Volkskool, het Saterdag 1 Junie aan die Lormar Uithourit, in Middelburgdistrik deelgeneem. Hy het 80 km suksesvol met sy perd, GNU Gabbi, voltooi.
Die baan was baie tegnies en het die ruiters en perde se energie en fiksheid getoets. Die uiters koue temperature het ook die voltooiing van die uithourit baie moeilik gemaak. Lehan se perd, het met die beste polsslag, die dag die rit voltooi.
Hy moet nou nog een 80 km uithourit voltooi voordat hy kompeterend kan deelneem.
Baie geluk, Lehan!

Meer Nuusberigte