Die afgelope naweek het Volkskool, kragte teen Hoërskool Cradock op ons tuisgronde, gemeet. Hierdie is ‘n jarelange tradisie wat steeds met ‘n goeie gees op en lands die veld, plaasvind.
Vrydagmiddag het Cradock se seuns hokkiespan na Graaff-Reinet gereis en ‘n wedstryd teen Volkskool se onderwysers gespeel. Die onderwysers het opgedaag en vir die beste gehoop. Ongelukkig was Cradock se span goed afgerig en het met uitmuntende spel as wenners uit die stryd getree. Die jong en fikse seuns het die wedstryd gemaklik 5 – 1, gewen. Die wedstryd het vir baie pret gesorg. Volkskool se onderwysers daag die Cradock hokkiespan vir volgende jaar, uit.
Na die week se stormsterk winde, was Saterdag se weer perfek vir die geleentheid. Volkskool het gemengde uitslae behaal, maar ons is oor die algemeen baie trots op ons sportmanne en -vroue. Die tellings is as volg:
Netbal (Volkskool se tellings eerste)
HVS o.16A-span speel hul eerste wedstryd teen CHS se o.19B-span en verloor ongelukkig 13 – 19.
o.14A-span het ‘n moedige stryd geveg maar 7 – 21 verloor.
o.15A-span speel teen CHS se o.16B-span en wen die wedstryd 15 – 13.
o.16B-span het ‘n lekker gelyke wedstryd en kon daarin slaag om 17 – 15 te wen.
o.16 A-span, het in hul tweede wedsdtryd teen hul ware oppnonente te staan gekom en moes ongelukkig die knie met ‘n telling van 13 – 22 buig.
Die eerste span het nooit gaan lê nie en het soos ware Volksies, tot aan die einde geveg. Ongelukkig was Cradock sterker en verloor ons die wedstryd 20 – 32.
Op die hokkieveld het die goed gegaan.
o.16 B-span kon net nie deurkom nie en verloor die wedstryd 0 – 1.
o.16A-span speel ‘n baie goeie wedstryd en wen oortuigend 4 – 0.
Die eerste span het ook ‘n baie gelyk wedstryd gehad en Anishka Luiters kon daarin slaag om die wendoel aan te teken. Volkskool wen die wedstryd 1 – 0.
By die rugby het die seuns hul harte uitgespeel.
o.14 speel goeie rugby en wen 24 – 15.
o.15 eindig met ‘n gelyke telling van 15 – 15.
o.16 het ‘n baie goeie wedstryd gehad en wen hul wedstryd 24 – 5.
Die tweede span het swaar gekry en verloor ongelukkig 5 – 15.
Die eerste span het ‘n indrukwekkende wedstryd gespeel en Volkskool kon binne die eerste sewe minute van die wedstryd, ‘n drie aanteken. Dit het Cradock se span, bietjie onkant gevang. Die eindtelling weerspieël ‘n baie goeie poging van Hoër Volkskool se span. Ons wen die wedstryd 27 – 5.
Drieë is deur Ashwill Swartz, Zak Wolfaardt en A.J. de Jager gedruk. Die skopwerk is deur A.J. de Jager en Elrico Prins gedoen.
Foto’s van die wedstryde is op die volgende skakels beskikaar:
Gideon van der Mescht
Mia van Eeden Fotografie
Mikha with a Camera
HVS neem die komende naweek teen Gill Kollege te Somerset-Oos deel.

Meer Nuusberigte