Hoër Volkskool het op Donderdag 18 Julie, ‘n toneelaand gehou. Dit was ter voorbereiding vir die Logan Fees én die ATKV Tienertoneel, waaraan hulle eersdaags gaan deelneem.
Victoria-Wes Gekombineerde Skool het die toneelaand saam met ons kom geniet. Hulle produksie, “Die dood van Marat”, is ook op die planke gebring.
Hoër Volkskool se toneelgroep het 3 produksies, naamlik “En Dan”, “Skool in Afrikaans” en “Wag” opgevoer. Die lang ure se oefen kan duidelik gesien word met die Volksies se puik spel.
Foto’s:
(1) Ilzé Vorster, Mia Prinsloo en Jean van Wyngaard
(2) Jean van Wyngaard
(3) Temzynne Juries en Darion Jooste
(4) Rikus Kleyn
(5) Mia Prinsloo
Regisseur: Hester Prinsloo
Klank en beligting: Jaydene Vaaltyn

Meer Nuusberigte