Die afgelope naweek het Hoër Volkskool na Somerset-Oos gereis en aan ‘n baie opwindende sportdag deelgeneem.
Die hokkie het Vrydagmiddag gespeel en die uitslae was as volg:
HVS o.16A-span speel teen Gill se eerste span en verloor ongelukkig die wedstryd 1 – 2. Die HVS o.16B-span speel teen Gill se tweede span en speel gelyk 0 elk.
Saterdag was die netbal se jaarlikse Interskole geleentheid. Ons netbalspanne het baie goed gevaar. HVS was as die algehele wenner van die kompetisie aangewys en kon die skild huis toe bring. Die kompetisie vind sedert 2015 plaas en HVS was sedert die begin nog elke jaar as die algehele wenner aangewys. Die eerste span se wedstryd moes ongelukkig vanjaar hul trofee afstaan.
Die tellings vir die spanne was as volg:
HVS o.14 speel teen Gill o.14B en wen 9-8
HVS o.15 speel teen Gill o.14A en verloor 19-20
HVS o.16 A speel teen Gill o.16 A en wen gemaklik 19-10
HVS o.16 B speel teen Gill o.16B span en wen 10-8
Die eerste span verloor ongelukkig die wedstryd na ‘n baie moedige stryd, met die telling 17-30, in Gill se guns.
Die rugby het skoonskip gemaak en al ons wedstryde gewen. Die tellings is as volg:
o.14 wen 36-7
o.15 wen 17-3
o.16 wen 29-0
Tweede span wen 20-8
Die eerste span wen 32-20. Die drieë is deuir Lugaston Baartman, Ashwill Swartz en A.J. de Jager aangeteken en die skopwerk is deur A. J. de Jager gedoen.
Die komende naweek speel HVS teen Hoërskool DF Malherbe te Gqeberha. Baie sterkte aan al ons spanne!

Meer Nuusberigte