Die afskop van die 2024-Interskole het goed begin, toe Volkskool en Union High se onderwysers en ondersteuners aan die jaarlikse Interskole Rolbalkompetisie deelgeneem het.
Vier spanlede per span het deelgeneem en die kompetisie is goed deur verskeie besighede, wat spanne ingeskryf het, ondersteun. Strawwe kompetisie, baie konsentrasie en ‘n lekker kuier na die wedstryd, het bygedra tot die heerlike interskole-gees, wat geheers het. Die eindtelling was 16 elk.
Oud-Volksies Riaan Enslin, Lelani Grobler en hul spanmaats se spandrag het duidelik gewys vir wie hulle ondersteun!
Baie dankie aan elke ouer, onderwyser en ondersteuner wat vir VOLKSKOOL deelgeneem het!
Foto: Erna Enslin, Lelani Grobler, Riaan Enslin, Sophia du Plessis

Meer Nuusberigte