HVS se deelnemers moes Saterdagoggend, 13 Julie 2024 baie vroeg na Despatch vertrek, om betyds te wees vir hulle deelname aan die Kwagga Boogskietklub se kompetisie.
Dit was ‘n windstildag en daar was geen weersomstandighede wat die skiet kon belemmer nie. Na ‘n week van stormsterk winde wat veroorsaak het dat die leerders nie kon oefen nie, was dit ‘n plesier om geen wind te beleef nie.
Uitslae van kompetisie 1:
Hoërskool-afdeling:
Dogters:
Danel de Koker: Silwer 274/300 (persoonlike beste)
Mikha Enslin: Brons 263/300
Seuns:
Lehan de Beer: Goud 277/300
Uitslae van kompetisie 2:
Hoërskool-afdeling:
Dogters:
Danel de Koker: Silwer 274/300
Mikha Enslin: Brons 262/300
Seuns:
John Read: Silwer 283/300 (persoonlike beste)
John se telling was gelyk aan ‘n eerste plek, maar op ‘n uittel kry hy silwer.
Lehan de Beer: Brons 272/300
Baie geluk aan elke leerder met hierdie goeie prestasies.
Die volgende kompetisie waaraan hulle gaan deelneem, is die OP Kampioenskappe te Bathurst op 3 Augustus 2024. Baie sterkte!
Foto: Danel de Koker, John Read en Mikha Enslin. Afwesig: Lehan de Beer

Meer Nuusberigte