Die afgelope naweek het HVS se sportspanne vroeg Saterdagoggend na Gqerberha vertrek om teen DF Malherbe aan netbal, hokkie en rugby deel te neem. Die kompetisie was sterk, maar goeie sportmangees tussen die skole, was opmerklik sigbaar.
Die uitslae is as volg:
Hokkie
Eerste span wen 2 – 0
o.16A speel gelyk 0 – 0
o.16B verloor 0 – 3 teen DF se o.14A span.
Netbal
o.14 verloor 11 – 17
o.15 verloor 9 -21
o.16B wen 12 – 9
o.16A verloor 10 – 13
Weens baie beserings en baie spelers nie kon deelneem nie, het die spanlede van die eerste span tot die einde van die wedstryd moedig bly veg teen ‘n baie ervare teenstanders.
Rugby
o.14 verloor 17 – 24
o.15 verloor 12 – 49
o.16 verloor 12 – 19
Tweede span wen 26 – 21
Eerste span wen met ‘n uitstekende telling van 56 – 5.

Meer Nuusberigte