Die afgelope vier maande het lesers van die Graaff-Reinet Advertiser die geleentheid gehad om vir die “2024 Best of Graaff-Reinet Readers’ Choice Awards” te stem.
Hoër Volkskool is as die wenner van die kategorie beste hoërskool en Laer Volkskool Graaff-Reinet is as die kategoriewenner vir die beste laerskool in Graaff-Reinet aangewys. Weppie Preppie het die toekenning as die beste kleuterskool ontvang.

Dit is hoe Volkskool beskryf word: In die hart van die Karoo, sal jy die volgende vind:

  • ‘n Vooruitstrewende Afrikaanse laer- en hoërskool
  • ‘n Ryk erfenis van meer as 100 jaar wat ‘n standvastige fondament vir leerders bied
  • ‘n Plattelandse skool met unieke geleenthede
  • ‘n Dinamiese en betrokke ouergemeenskap
  • Hoë waardes en gebalanseerde leerders
  • Uitleef van ons leuse, “Ons sal handhaaf” op akademiese, sport- en kulturele gebied

Hoër Volkskool bied onder andere:

  • Uitstekende koshuis en vanaf 2025 sal Huis Cronjé ‘n naweekkoshuis wees.
  • Professionele sportafrigting
  • Astro hokkieveld
  • Onderdak verhitte swembadkompleks
  • Baie goed toegeruste gimnasium
  • Twee rekenaarsentrums

Baie dankie aan die gemeenskap wat op hierdie manier aan Laer en Hoër Volkskool erkenning gee.

Ons sal handhaaf.

Meer Nuusberigte