Op 15 Augustus het die ATKV-tak Spandaukop ‘n baie suksesvolle beroepsaand by Hoër Volkskool aangebied. Klaskamers is as stalletjies ingerig en dit is waar verskillende beroepsrigtings voorgestel is.
Van die uitstallers het van ver af gekom om ons leerders in die Karoo te kom bedien. Hulle het ook baie moeite gedoen met hul stalletjies om die beroepe aantreklik voor te stel. HVS se eie mnr. Pieter Pienaar het ‘n praatjie oor onderwys as beroep gelewer.
Die skool se ATKV Jeugtak, die Volksmond, was ook by die aand betrokke. Na afloop van die verrigtinge het die uitstallers en belangstellendes gesellig in die Volksie verversings geniet.
Baie dankie aan elke professionele beroepslui wat tyd gemaak het om die aand by te woon en ons leerders se vrae te antwoord. Dankie ook aan die ATKV-tak Spandaukop wat die aand moontlik gemaak het.

Meer Nuusberigte