HVS se boogskietspan het vroeg verlede Saterdagoggend vanaf Boknes se Voortrekkerk kampterrein na Bathurst skougronde vertrek, waar die OP Kampioenskappe aangebied is. Dit was die finale stap voor die verkiesing van die OP spanne vir die Nasionale Provinsiale kompetisie.
Daar het 112 skuts van regoor die Oos-Kaap deelgeneem. Die eerste rondte was die bullseye rondte, wat in twee vlugte geskiet is en daarna was die 2D-kompetisie in twee vlugte afgehandel.
Uitslag in die bullseye kompetisie is as volg:
Hoërskole afdeling:
John Read Silwer 269/300
Die volgende Volkskool skuts is gekies vir die onderskeie OP spanne:
Hoërskole A Span: John Read, Conrad Kleyn, Lehan de Beer
Hoërskole B Span: Mikha Enslin, Danel de Koker, Karli van Rooyen en Talon Cronje
Die Nasionale Interprovinsiaal en Nasionale interskole vind te Kimberley vanaf 25 tot 28 September 2024 plaas.
Baie geluk aan die leerders wat in die provinsiale spanne ingesluit is.

Meer Nuusberigte