Elke projek wat aangepak en voltooi word, bring sy eie trots mee. Onlangs was Huis Cronjé aan die beurt en spog die koshuis met pragtige nuwe badkamers.
Dit is alom bekend dat Volkskool se koshuise goeie verblyf gedurende die week bied en dat die leerders gelukkig is en die koshuislewe baie geniet.
Die koshuiskomitee se voorsitter, Hendrik Wolfaardt is self ‘n oud-Volksie en oud-inwoner van Huis Cronjé. Hy noem dat dat die koshuis jaarliks ‘n projek aanpak en elke projek wat suksesvol afgehandel word, is beslis groei in die regtig rigting.
As jy op soek is na die beste Afrikaans-medium skool en koshuis in die Karoo, moet jy beslis kom kyk wat Hoër Volkskool alles bied.

Meer Nuusberigte