Musiek

Drie van Hoër Volkskool se musiekante het aan die Camdeboo Eisteddfod deelgeneem. Ons leerder het hul uitstekend van hul taak gekwyt!
Uitslae is as volg:
Alice du Toit doen twee stukke in die senior klavieruitvoeringafdeling. Vir Moment Musical deur Schubert (romanties), behaal sy ‘n goue toekenning en vir Velocity deur F. Burgmuller (klassiek), behaal sy cum laude.
Rikus Kleyn neem ook aan die senior klavieruitvoeringafdeling deel en behaal ‘n cum laude toekenning vir sy stuk, Sonatina in G (Sonata). Hy het ook die beoordelaars met sy stem betower en sing die bekende lied van Appel, Kom lê my neer. Hiervoor behaal hy ook ‘n cum laude toekenning.
Adriaan Blignaut neem aan die kitaar solospelafdeling deel. Hy speel Someone Like You deur Adele en kry ‘n goud plus toekenning.
Baie geluk aan al ons musikante!

Dans

Op Vrydag 16 Augustus, het van Hoër Volkskool se dansers van die Chinelle School of Dance, aan die Camdeboo Eisteddfod wat by Union High School aangebied is, deelgeneem.
Die beoordelaar was mev Bronwynne Kingwill, ‘n bekwame balletonderwyseres wat voorheen by die Cecchetti-vereniging van Suid-Afrika, die Royal Academy of Dance en die Dansakademie van Suid-Afrika geaffilieer was. Sy is oorspronklik in ballet opgelei, maar het ook kundigheid in moderne en spaanse danse. Sy het ateljees in Knysna en Graaff-Reinet suksesvol bestuur.
Dit is wonderlik dat ons aan so ‘n geleentheid in ons eie dorp kan deelneem en ons sien al reeds uit na die volgende een!
Kate-Lynn Kruger het aan drie kontemporere dans-items deelgeneem en vir die drie items goue toekennings ontvang. Sy het op Happier, Lost without you en Hellium gedans. Al die danse was solo’s, behalwe Hellium was ‘n duet saam met Anna Bouwer.
Monique Nell het aan twee balletuitvoerings saam met Micha Murray en Jenna Woods deelgeneem. Vir die dans ‘A Tale of Love’ het hul silwer plus en vir ‘Polka in the Meadow’ ‘n silwer veroorsaak.
Sy het twee solo ‘Tap dance’-items gelewer en vir ‘Trouble’ het sy goud en ‘Dance with me” goud plus ontvang.
Christi Schutte en Monique Nell het twee kontemporere danse saam met Nieke van Jaarsveld en Annebelle Kruger gedoen. Vir ‘Flashlight’ het hul ‘n silwer plus en vir die ‘A perfect day’, ‘n goud plus ontvang.
Baie geluk aan al die dansers in Volkskool wat so goed presteer het!
Foto: Christi Schutte, Kate-Lynn Kruger en Monique Nell

Fotografie

Hoër Volkskool se fotograwe het aan die Camdeboo Eisteddfod wat deur Union HIgh School aangebied is, deelgeneem. Die standaard van die foto’s wat deur die leerlinge geneem is, was baie goed. Die uitslae is as volg:
Leerders wen die volgende toekennings vir hulle foto’s:
Xander Keyser: 1 silwer plus, 3 goud en 2 goud plus
Keisia Holster: 4 brons, 3 silwer en 2 silwer plus
Danél de Koker: 1 goud en 1 silwer
Nazhira Hoogbaard: 1 brons, 1 silwer en 1 goud
Mikha Enslin: 1 silwer, 3 silwer plus en 1 goud
Freddie van der Mescht: 1 silwer en 1 silwer plus
Foto: Mikha Enslin, Keisia Holster, Danel de Koker en Nazhira Hoogbaard.
Afwesig: Xander Keyser en Freddie van der Mescht.

Meer Nuusberigte