Hoër Volkskool het weereens die uitnodiging aanvaar om van 14 – 17 Augusuts 2024 in Cradock aan die hoogaangeskrewe Marilie Moolman Tennistoernooi deel te neem. Hierdie toernooi lok jaarliks die top skole van regoor die land. Hoër Volkskool het nie teruggestaan nie en die uitdaging aanvaar om hul beste tydens elke wedstryd te gee.
Die loting het bepaal dat Volkskool in die eerste rondte teen Jim Fouche, Grey High School en Menlopark te staan kom. Twee van hierdie spanne wat uiteindelik die wenner en naaswenner.
Dit is veral die goeie vertonings van ons twee top spelers, Louwen Wolfaardt en Rudolph-Hein van Eeden, wat die oog in hul kragmetings teen top gekeurde SA-ranglys spelers gevang het.
Uitslae is as volg (HVS telling eerste:
Jim Fouche 17 – 10
Grey High School 2 – 25
Menlopark 1 – 26
Sterling 17 – 6
Cradock 8 – 14
WJ Tennis Akademie 7 – 16
Name op foto vlnr: Louwen Wolfaardt, AW Lambrechts, Hannes van der Merwe, Rudolph-Hein van Eeden, Kian Keyser en JD de Lange.

Meer Nuusberigte