Op Vrydag 6 September 2024, bied die Oudskoliere en Vriende van Volkskool ‘n heerlike KUIER AAND met ‘n duiwewedvlug veiling aan.
🪽Hoe werk die Volkskool Veiling?

  • Die duiwe vlieg die volgende dag vanuit Worcester terug na Graaff-Reinet, 500km.
  • Daar is 40 duiwe se ringnommers wat te koop is. Duiwe kan nie by veiling wees nie want hulle is oppad met die bakkie na Worcester vir die wedvlug.
  • Die duiwe se ringnommers word opgeveil.
  • Jy bie op die duif met die hoop dat daardie duif die wedvlug gaan wen vir jou!
  • Die omset van die veiling word in twee gedeel. Die skool kry die helfte en res is prysgeld.
  • Die 1ste 3 plekke is kontant pryse. Prysgelde sal aangepas word volgens die omset van die veiling.
  • Al die kopers se gelde moet direk na afloop van die veiling betaal word.
  • Kopers sal by ‘n Whatsapp-groep gevoeg word, waarop die uitslae van die wedvlug geplaas word.
  • Belangrik: Jy kry nie die duif wat jy koop nie, so jy hoef nie ‘n hok te bou nie! 😉
    🏆 Pryse: (Die eerste 3 kontant pryse was laasjaar se prysgeld. Onthou hoe groter die veiling omset hoe meer die prysgeld.)
    🥇 – R28000
    🥈 – R16000
    🥉 – R9000
    4de plek – Kudu
    5de plek – Slaglam
    6de plek – 2x Springbokke
    7de plek – Boks wyn
    8ste plek – Vleis Hamper
    9de plek – Vleis Hamper
    10de plek – Hoenders (2 henne en haan)
    Daar gaan voor die veiling begin n “Lucky Draw” wees waar 5 persone die kans staan om 10% afslag te kry op sy duurste aankope!
    Dan wat die aan lekker maak… Die persoon wat die DUURSTE duif op die veiling koop betaal net 50% van die aankoop prys. Dws die duurste duif van die aand betaal die koper net halfprys!
    Koop nou jou etekaartjie en kom kuier saam. Dit gaan ‘n baie lekker aand wees!!
    Navrae vir etekaartjies: volksies@hvsgrt.org.za of stuur ‘n Whatsapp na 066 244 7769 @⁨BB⁩
    Navrae:
    Petrie – 064 758 0439
    Kosie – 082 451 2658

Meer Nuusberigte