Matriekafskeid is ‘n hoogtepunt in elke matrikulant se skooljaar. Donderdagaand was geen uitsondering vir die matriekklas van 2024 nie.
Die glansgeleentheid met die tema THE MET GALA was by Profcon aangebied. Paartjies met pragtige aandrokke en stylvolle pakke het deur die tuin op ‘n rooitapyt verby gestap, sodat toeskouers en ouers kon deel in hul spesiale dag.
Geniet julle vakansie!
Fotograaf: Matty van Rensburg Photography

Meer Nuusberigte