Kate-Lynn Kruger het die afgelope naweek aan die derde A-liga swemgala te Port Elizabeth deelgeneem.
Sy het persoonlike beste tye in 5 van die 6 items waaraan sy deelgeneem het, behaal.
Kate-Lynn het die volgende plekke behaal:
EERSTE
50m rugslag,
100m en 200m borsslag
TWEEDE
100m vryslag
200m individuele wisselslag
DERDE
100m rugslag
Baie geluk met hierdie goeie prestasies, Kate-Lynn.

Meer Nuusberigte