Hoër Volkskool se tennisspelers het op 23 en 24 Augustus 2024 aan die Wasserman Toernooi te Middelburg deelgeneem. Twee spelers moes ongelukkig op kort kennisgewing weens erge griepsimptome onttrek, met die gevolg dat sommige spelers heelwat meer wedstryde moes speel.
Beide Volkskool-spanne het in dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde teen De Aar, Kingswood, Cradock, Middelburg en uiteindelik ook HVS A teen HVS B, deelgeneem.
Die goeie sportmangees van Hoër Volkskool was opmerklik. Goeie houe en punte is met groot glimlagte en selfs ‘n danspassie of twee op die baan gevier. Ondersteuning en aanmoediging na ‘n onsuksesvolle terugspeelpoging is ook keer op keer as onbelangrik, met ‘n klop op die skouer en opbouende opmerkings verklaar.
HVS se A-span eindig in die 3de plek en die B-span 5de plek in die toernooi.

Meer Nuusberigte