Na afloop van die leerlingraadsverkiesing verlede week, het die nuwe senior leerlingraadslede ‘n leiers- en beplanningskamp bygewoon. Hierdie kamp het te Skietfontein, Somerset-Oos plaasgevind. Hul het vier dae in die vars karoolug spandeer en ‘n hele paar uitdagings as ‘n span voltooi en vrese oorwin! Die span het goeie herinneringe gemaak en baie van hulself en hul spanmaats geleer.

Meer Nuusberigte