Die o.15 krieketspan Gill College (Somerset-Oos) het op ons tuisveld teen HVS se o.15-span kragte gemeet. Die kaptein van Gill College het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die besoekers kon slegs 68 lopies aanteken.
Die kolwers van HVS het goed gevaar en die beste kolwer op die dag was AW Lambrechts wat 35 lopies aangeteken het. Die beste bouler was Joshua Horn. Joshua is ook die Speler van die Wedstryd aangekondig. Hy neem 4 paaltjies en staan slegs 26 lopies af. Joshua het ook 26 lopies van 28 balle aangeteken.

Baie geluk aan Hoër Volkskool se span wat die wedstryd met 8 paaltjies gewen het.

Afrigter: Mnr Pieter Kleynhans

Meer Nuusberigte