AJ de Jager is vroeër vanjaar by die Bokkieweek se o.19 rugbyspan ingesluit wat tydens die Septembervakansie na Romenië getoer het. Hy is as die onderkaptein van die span aangewys.
In Brasov het die span hulle eerste wedstryd teen Cristain gespeel en die wedstryd oortuigend 101 – 5 gewen. AJ was as die Speler van dié wedstryd aangewys.
Die volgende dag is die span na Bucharest toe, waar hulle teen ‘n span met die naam, Soimii, gespeel het en die wedstryd 19 – 15 gewen het.
Die volgende wedstryd het hul teen ‘n ope internasionale span, Rapid Rugby, gespeel. Die o.19’s moes sterk staan teen volwasse mans wat deel van die klub is. Die seuns het hul beste gegee, maar die ‘ooms’ was ongelukkig net té groot en ervare. Hul verloor die wedstryd 17 – 38.
Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie AJ. Ons glo dit was ‘n ondervinding!