Kate-Lynn Kruger het aan die derde A-liga swemgala te Gqeberha deelgeneem. Sy vaar uitstekend en behaal vyf persoonlike bestes uit die ses items waaraan sy deelgeneem het.
Sy behaal ‘n derde plek in die 100m rugslag, tweede plekke in die 100m vryslag en die 200m individuele wisselslag. Sy behaal eerste plekke in die 50m rugslag, die 100m borsslag en die 200m borsslag.
Tydens die gala het sy ook vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior gala met haar 200m Borsslag gekwalifiseer. Die kwalifiserende tyd is 3:00:05 en sy het die item met ‘n tyd van 2:58:48 gewen.
Die SA Nasionale Junior gala vind vanaf 26 tot 30 April 2025 plaas.
Baie geluk Kate-Lynn! Dis ‘n uitstekende prestasie.
@Destiny Swimming Academy