Oktober is Kankerbewusmakingsmaand. Hoër Volkskool het hierdie jaar weer baie moeite gedoen om mense in en om ons gemeenskap meer bewus te maak van die siekte.

Die leerders kon gedurende die maand pienk linte en haarrekkies by hul skoolklere dra. Die seuns kon hul swart skoeneveters met pienk veters vervang en hul was meer as bereid om pienk veters te dra!

Die maand is afgesluit met ‘n Jol vir Kanker wat op Vrydag, 25 Oktober ten bate van die Graaff-Reinet Kankervereniging by die skool aangebied is. Die publiek kon ballonne koop en ‘n geliefde wat tans teen kanker stry, iemand wat die stryd verloor het of iemand wat in remissie is, se naam op die ballon skryf.

Daar was ook ‘n potjiekoskompetisie aangebied. Dit het al reeds om 14:00 die middag begin. Die kompetisie was nogal streng en die beoordelaars het omtrent koppe gekrap oor die lekkerste pot!
Op die einde het Octofin se pot met die eerste prys weggestap. Die aand is met ‘n lekker kuier en dans afgesluit. Terence Ellis wat die klank en musiek gedoen het, het seker gemaak dat ‘n gesellige atmosfees geheers het.
Baie baie dankie, aan almal wat tot hierdie dag se groot sukses bygedra het.

Meer Nuusberigte